Category Archives: Vir die dames

Broccolislaai vir middel van die week

‘n Heerlike vinnige slaai vir die middel van die week. Dames dis maklik en vinnig en geniet dit saam met ‘n vars broodrolletjie.   Broccolislaai:   Bestanddele: 1 groot broccoli…

Maak u eie ingelegde pasta

Maak u eie ingelegde pasta en proe hoe heerlik is dit. Dit is vinnig en ons het gewoonlik die bestanddele in die koskas.   Ingelegde Pastaslaai:   Bestanddele: 500 gr…

Karlienblomme

Karlienblom / poinsettia Ons is almal baie bekend met die Karlienblom oftewel poinsettia. Hierdie plante is in die familie Euphorbiaceae en die rang is Malpighiales. Daar is natuurlik deesdae sommer…

Gebakte feta en druiwe

Dames dit is seker nie al te bekend dat ons druiwe kan rooster saam met ander groente of vleis nie? Ons het mos nou oor die kerstyd bietjie gewig aangesit…

Angelonia ‘n hittebestande tuinplant

Tuinkenners meen dat hierdie plant een van die beste plante is om in die tuin te plant vir droogte en hitte toestande, soos ons dit ervaar het die afgelope maande…

Uithaler koel melktert

Soettande. Hier volg ‘n uithaler melktert wat altyd lekker is saam met boeretroos.   Uithaler melktert: (Genoeg vir 1 foeliepannetjie)   Bestanddele: Vir die kors: 1 pakkie ‘Eat sum More’…

Duitse aartappelslaai

Dames maak gerus hierdie heerlike Duitse Aartappelslaai saam met u braaivleis vir oujaarsaand. Dis mos vakansietyd en warm en ‘n slaai is darem die lekkerste saam met vleisgeregte, veral ons…

Koekstruif vir Kersdag

“n Koue koekstruif vir Kersdag om die middagete mee af te rond is net die ding in hierdie warm weer. Sommer vinnig om aanmekaar te slaan en u kan hom…

Ongebakte vrugtekoek

Dames indien u nie kans sien om nou nog ‘n vrugtekoek te bak nie, kan u gerus hierdie maklike koelkas vrugtekoek probeer. Dis heerlik en koel op die tong.  …

Perskesous by braaivleis

Dis warm en tyd vir braaivleis. Hier volg ‘n soet-suur perskesous wat daarmee saam geeët kan word. Gebruik ingelegde perskeskywe hiervoor.   Soet-suur perskesous:   1 groot ui gesnipper 15…

Tuisgemaakte roomys

Dit is warm en tyd vir heerlike koue tuisgemaakte roomys. U het nie ‘n roomysmasjien nodig om hierdie roomys te maak nie en u kan ook verskeie geure en vrugte…

Tuisgemaakte smeerkaas

Dames hier is ‘n maklike tuisgemaakte smeerkaas resep wat nie baie bestanddele benodig nie. Dis vinnig en kan in die mikrogolf gemaak word. Die kaas smeer maklik en u kan…

Vinnige malvalekkertert vir die soettande

Hierdie malvalekkertert is regtig vir die soettande bedoel. Kom ons maak ‘n vinnige malvalekkertert met “cream crackers”. Hierdie tert kry geen room in nie en dit neem nie lank voordat…

Gebakte nagereg vir die naweek

Dames, nog ‘n heerlike nagereg vir die naweek. Hierdie nagereg is maklik om voor te berei en ons het gewoonlik die bestanddele is die kombuiskas.   Appel grondboontjie nagereg  …

Naweek nagereg

Wie kan nee sê vir hierdie heerlike gebakte romerige perske nagereg. Die persketyd kom vinnig nader. Heerlik en vinnig. U kan vars geel perskes ook gebruik, geskil, ontpit en gehalveer….

Dahlia plante

Tuiniers, daar is min van ons wat nie Dahlia’s ken nie. Dis darem maar regtig pragtige blomme en die ouer tuiniers het dit in oorvloed geplant in beddings en so…

Maklike min-knie roosterkoek

Die maklike roosterkoek vir u volgende braaivleisaand. Hierdie deeg verg min knie en min bestanddele en is altyd ‘n sukses selfs al word dit nie op die kole gebraai nie,…

String of Pearls vetplant

Senecio rowleyanus klassifiseer onder die vetplante maar het meer water nodig, veral gedurende die somermaande. Hierdie plant is pragtig en indien u dit aan die groei het of ‘n plantjie…

Geurige hoenderslaai vir ‘n warm dag

Heerlike koue hoenderslaai vir ‘n warm dag. Dames, hierdie is ‘n maklike vinnige resep en u kan die speserye waarvan u nie hou nie, uitlaat. Let wel dat daar van…

Vinnige yskastert

Dames, hier is ‘n maklike en vinnige yskastert met bestanddele wat ons meestal in die kombuiskas het. U kan hierdie tert afwissel met enige vrugte en jellie na die vrugte…

Wildevyboom / Ficus thinningii RSA boom

Hierdie boom is die gewone wildevyboom en is inheems van Suid Afrika. Hierdie bome is immergroen met groot dig opmekaar blare wat heldergroen is. Die blare is sterk met duidelike…

Heerlike gemengde groentegebak

Bespaar baie tyd vanaand met hierdie maklike resep. Die kinders gaan ook sommer baie daarvan hou, al hou hul nie baie van groente nie. Dit kan alleen as ‘n pastei…

Boerewors resep wat anders is

Dames is u lus om ‘n ongewone boereworsgereg te berei vir die naweek? Hier volg hy en die bestanddele is gewoonlik in die koskas.   Boerewors onder die kombers:  …

Vinnige broodjie vir die naweek se braaivleis

Probeer gerus die volgende vinnige maklike broodjie met baie min moeite en bestanddele wat u gewoonlik in die kruidenierskas het.   Wit Uiesopbroodjie   Bestanddele:   500 ml karringmelk  …

Heerlike klam wortelkoek vir die naweek

Dames, wat van ‘n bietjie bederf met ‘n maklike klam wortelkoek vir die naweek?   Heerlike klam wortelkoek   Bestanddele: 250 ml wit suiker 250 ml sonneblomolie 3 eiers 5…

Aglaonema Maria Potplant

Meeste van ons plantliefhebbers ken hierdie plant of het dit al gesien of self geplant. Dit is ‘n pragtige ornamentele binnenshuise plant en word ook die “Chinese Evergreen” en ook…

Heerlike Sjokoladenagereg

Voordat die winter ons heeltemal verlaat, hier is ‘n heerlike, ekonomiese sjokoladenagereg vir 6 persone:   Sjokoladenagereg   Bestanddele: 4 eetl. Botter 125 ml suiker 5 ml vanieljegeursel 1 eier,…

30 dae gesondheidskolwyntjies

Dalk is u nie lus om kort-kort bietjie deeg te meng om kolwyntjies te bak nie? Hier volg ‘n resep wat u vir 30 dae in yskas kan hou voordat…

VIR DIE DAMES – DIE VRYBURGER

Japanse blomkweper/Chaenomeles speciosa   Tuiniers, die blomkweper is ‘n pragtige groot struik of boom wat in die laat winter blom. Dit vertoon eenvoudig so mooi en dit blom oorvloedig. Die…

VIR DIE DAMES – DIE VRYBURGER

Dalk lus vir tuisgebakte Karringmelk beskuit en koffie op die stoep in die son? Hier volg ‘n heerlike, vinnige en geen moeite resep:   Karringmelk beskuit:   Bestanddele: 375 gram…

Lieflike siergras Pennisetum setaceum rubrum

Tuiniers, siergras word al meer gewild en ook gesien in ons tuine. Bowenal is daar soveel soorte met soveel kleure by kwekerye te koop. Dit is deel van die familie,…

Maklike klam sjokoladekoek

Op soek na ‘n maklike, baie klam sjokoladekoek en boonop een wat in die mikrogolfoond gebak kan word? Die volgende resep is onfeilbaar.   Mikrogolf Sjokoladekoek   Mikrogolf-glasbakgrootte: 90mm x…

Radyse, verslankingskos!

Radyse groei baie goed in die koue maande en daar is al verskeie variëteite op die mark. Saai radyse direk in die grond waar u wil hê hulle moet groei….

Mieliegereg saam met braaivleis

Is u dalk lus vir iets anders as pap of broodjies of aartappelslaai saam met Sondag se braaivleis? Probeer gerus die volgende mieliegereg, dis maklik en heerlik   Heerlike soetmieliegereg…

Heerlike hoendergereg vir twee

Heerlike Hawaise Hoendergereg is so ietwat soet, verg min moeite en word met bestanddele wat volop is, gemaak. En boonop jy sal ‘n tweede porsie wil eet.   Bestanddele: 4…

Romerige aartappelgereg

Die volgende is ‘n heerlike romerige aartappelgereg, waarvan die resep oorspronklik nog van die Aartappelraad kom.   Gebakte knoffelaartappelgereg:   4 – 6 aartappels geskil 1 blik ingedampte melk 250…

Japtrap gereg

Wanneer ons op Saterdagmiddag gaste vir ‘n vinnige ete kry, is hierdie volgende resep die antwoord.   Weense worsie-gereg   Bestanddele: 6 sny witbrood, korsies afgesny 1 ui gekap ‘n…

Al gehoor van die spookagtige struik?

U ken seker hierdie pragtige plant? Yucca is ‘n genus van die meerjarige struike en bome in die familie, Asparagaceae, en subfamilie, Agavoideae. Daar is 40 tot 50 yucca-spesies wat…

Probeer witloof oftewel sigorei

Dames witloof word ook witlof of sigorei genoem. Ons dink eintlik aan koffie wanneer ons die woord sigorei hoor.  Witloof is ook bekend as Belgiese andyvie. Witloof is in die…

Warm aartappelslaai

Dames, hier is vir u ‘n heerlike warm aartappelslaai saam met ‘n Sondagmiddag-braaivleis. Ons gesin geniet hierdie warm slaai ook saam met broodrolletjies.   6 groot aartappels, sag gekook in…

Vir die dames — Oniks (Onyx)

Oniks stene is seker nie te onbekend by die lesers nie. Dit is ‘n samebindende gestreepte chalcedoon. Oniks en Agate is albei van hierdie chalcedoon met strepe en hul verskil…

Vir die dames – Duineboegoe / Acmadenia obtusata

Duineboegoe is ‘n genus van 33 spesies wat oorspronklik in die Wes- en Oos Kaap voorkom. Dit is ‘n struik wat in die lente en vroegsomer blom. Duineboegoe is ‘n…

Vir die dames – Maklike lensiesop

Dames, nog ‘n heerlike warm winterdis, ‘n heerlike rooi/oranje lensiesop vir ‘n koue aand veral voor die kaggel   Maklike lensiesop   Bestanddele: 6 repe swoerdlose strepiespek, gekap 30 ml…

Vir die Dames – Winter nagereg

Lesers, dis mos winter en nou sommer koud elke aand. Wat van ‘n heerlike warm nagereg vir so in die middel van die week! Hier volg ‘n heerlike, baie maklike…

Koraal half-edelstene in verskeie kleure

Koraal kom in verskeie kleure voor. Rooi koraal is ‘n organiese half-edelsteen en is nie onbekend nie. Dit word hoofsaaklik vir juweliersware gebruik. Koraal halfedelstene word gevind in Algerië, Tunisië,…

Vir die dames – Wildestokroos / Hibiscus diversifolius / Kaapse hibiscus

Hibiscus diversifolius word ook “Swamp Hibiscus” genoem, sekerlik omdat hierdie plant van ‘n nat plekkie in die tuin sal hou. Dit is maar een van ongeveer 50 lede van hierdie…

Beril – die onbekende edelsteen

Beril is ‘n steen wat nie baie bekend is nie. In die Bybel word wel na die edelgesteente verwys. Geologies is beril (beryl) ‘n mineraal, saamgestel uit berilium aluminium siklosilikaat. …

Tuinsorg in Junie

Tuiniers, dit is ‘n baie stil tyd in ons tuine. Daar is nie eintlik grasperke wat gesny moet word nie, daar is net baie blare om te hark! Gelukkig het…

Ametis – ‘n pragtige edelsteen

Ametis is ‘n pienk tot pers edelsteen van kwarts en word gebruik om in verskeie vorms in juwele te plaas. Ons weet almal hoe pragtig is ‘n ring waarin hierdie…

Vir die dames – Verplant Sedums

Ons kan gerus bietjie konsentreer om meer vetplante in ons tuine aan te plant en te kweek. Hulle is oor die algemeen so maklik om te kweek. U weet mos,…