ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Category Archives: Sport

Tennis – Interessante brokkies

Die langste tenniswedstryd wat nog gespeel is, het 11 ure en 5 minute geduur. Dit was toe John Isner (VSA) in 2010 op Wimbledon teen Nicolas Mahut (Frankryk) gespeel het….

Wedvlugduiwe – ‘n Ware staaltjie

Hierdie rubriek is ‘n praktiese poging om “die prins van die ruimte” soos Dolf van Niekerk ‘n duif beskryf, bekend te stel en wenke aan duiweboere te gee om oor…

Brug – Op die spoor van die sport

Die voordele en beloning verkry uit brug is velerlei. In ‘n studie aan die Universiteit van Kalifornië is bewys dat die beoefening van brug uitstekende beskerming bied teen siektes soos…

Meer oor tennis en sy wortels

Almal weet wat tennis is en hoe dit gespeel word. Dit word gereeld op die kassie gewys met kommentaar oor die beste spelers wat aan groot toernooie deelneem. Wat waarskynlik…

Bokkieweek was weer ‘n luisterryke toernooi

Die grootste skoletoernooi in Suid-Afrika, die Winter Bokkieweek het pas in Kroonstad plaasgevind waartydens 15 unies van feitlik oor die hele Suid-Afrika verteenwoordig was. Om die optog deur soveel duisende…

Brug hou voordele in vir oud en jonk

Deur brug te speel is ‘n mens sosiaal meer aanvaarbaar, want in plaas van oor nietighede te gesels kan jy die tyd sinvol deurbring en dis genotvol. Trouens, al hoe…

Die wonder van wedvlugduiwe

Die gehalte en fiksheid van ‘n duif kan en moet in ‘n baie groot mate deur hantering bepaal word. Dit beteken dat veral die spiergehalte met die vingerpunte betas en…

Wedvlugduiwe – die mens se vriend

Van die vroegste jare af is die duif die mens se vriend. Nuus, sakebedrywighede en oorloë vorm ‘n diep ineengevlegte deel van die geskiedenis van hierdie gevleuelde boodskappers. Sedert Noag…

Brug – ‘n vernufspel met kaarte

In hierdie rubriek gaan gepoog word om mense aan brug bekend te stel, maar ook om interessante brokkies inligting aan te bied soos waar die spel ontstaan het en waar…

Bokkieweek – Waterkrisis oorkom

Vanjaar vind die 25ste byeenkoms van die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) se Bokkieweek vanaf 4 Julie tot 9 Julie op Kroonstad plaas. Die Wintersport Bokkieweek behels vyftien unies oor bykans…

Winterspele skop af

Die jaarlikse Winterspele van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) vind plaas vanaf Donderdag 25 Junie tot Saterdag 27 Junie. Die spele word aangebied op die terrein van CVO…

Swak spelling laat rooigesigte

Die eerste voorval van swak spelling was ’n spelfout wat begaan is deur administrateurs van Krieket Suid-Afrika (KSA), en het almal laat bloos. Hierdie tweede mistasting laat egter die sosiale…

Krieket SA is verduidelikings verskuldig

Skokkende bewerings is deur ’n Engelstalige dagblad gemaak oor Krieket SA se optrede nadat beweerde politieke inmenging toegelaat is in die samestelling van die Proteaspan wat teen Nieu-Seeland gespeel het…

SA se goue seun

Die Suid-Afrikaanse swemmer, Chad le Clos, het geskiedenis by die FINA-Wêreld-kortbadbyeenkoms in Doha gemaak deur die eerste manswemmer te word wat op so ‘n geleentheid goud in drie vlinderslag-nommers wen….

Hartseer heers oor krieketspeler

Betuigings van meegevoel stroom in nadat die jong Australiese krieketspeler, Phillip Hughes, in ‘n hospitaal in Sydney oorlede is. Die 25-jarige linkerhand kolwer is oorlede nadat hy twee dae tevore…

Gromar presteen in tenniskampioenskappe

Op 24 en 25 Oktober het die BCVO se Landswye Tenniskampioenskappe plaasgevind te Groblersdal. Daar was ‘n groot aantal inskrywings vir vanjaar wat veral in die hoërskool afdeling talent opgelewer…

BCVO tennis uiters kompeterend

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys se jaarlikse nasionale tenniskampioenskappe het begin op Vrydag 24 Oktober op Groblersdal. Wedstryde het so vroeg soos om 8 uur die oggend op die…

Totsiens Craven-week rugby!

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het glo bevel gegee dat die SA Skolespan wat saamgestel word uit spelers van die Cravenweek, ten minste 50% swart en bruin spelers moet insluit. Dit…

Vrystaters presteer

Nie minder as vyf jong skoliere in die Vrystaat, het vanjaar daarin geslaag om gekies te word vir die SA Skole se tennisspan. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is…

Blinde stel rekords op

Manie Croukamp, ’n blinde inwoner van Pretoria, het nie teruggedeins vir die uitdaging om gewigstoot, en skyfwerp rekords te verbeter tydens die SA Kampioenskappe vir gestremdes in Stellenbosch nie. Manie…

Nuwe swemster laat rekords spat

Die nuwe swemster van Suid-Afrika, Dylan Bosch (20) het die goue seun van die land geword met sy rekords in die swembad. Dylan het verlede Saterdag sy swemheld, Michael Phelps,…

Dakar tydren 2014 – Motors

Aan die einde  verlede week se vyfde skof, het die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers en sy spanmaat, Dirk von Zitzewitz in ’n Toyota Hilux  in die tweede plek geëindig. Algeheel…

Foutbal!

Hierdie naweek was propvol sport opwinding. Dit het Vrydagaand begin met die tweede promosie-relegasie rugby wedstryd tussen Oos-Transvaal en Griekwas. Hierdie wedstryd was in Nelspruit beslis en die manne van…

Foutbal

Pakistan verneder Suid-Afrika Die eerste krieket toets tussen Pakistan en Suid-Afrika in die Verenigde Arabiese Emirate het in ’n lelike pak slae vir die Krieket blommetjies geëindig. Pakistan, wat tans…

Suid-Afrika presteer

Die “Go Pro Ysterman" wêreldkampioenskappe was verlede Saterdag in Kailua-Kona, Hawai aangebied. Die weersomstandighede was baie gunstig en het bygedra tot puik prestasies. Suid-Afrika se enigste professionele driekamp atleet, James…

ABSA weg by Bafana

Die filiaal van Barclay’s Bank, ABSA, het aangekondig dat hy onttrek as ’n borg van Bafana-Bafana, maar die sokkervereniging se baas sê hy dra geen kennis daarvan dat ABSA onttrek…

Foutbal

Foutbal!   Hierdie naweek het ek die twyfelagtige voorreg gehad om die toets tussen Suid-Afrika en Australië te sien. Wat die ervaring nog meer interessant gemaak het, was dat ek…

Engelse vereer Natalie.

Natalie du Toit, bekende Suid-Afrikaanse Paralimpiese swemmer is deur koningin Elizabeth II van Brittanje vereer. Sy het die titel Member of The Most Excellent Order of the British Empire vir…

Foutbal

Ek het besluit om die toetsbord af te stof en weer ’n bydrae te lewer. Dis is genoodsaak deur die sport bohaai wat die afgelope naweek uitgebars het na die…

Ondersteun ons kinders

Volkskool, Brakpan, is ’n volkseie instelling wat ook een van die grootste CVO-skole in die land is.   Volkskool hou weer ’n hengel kompetisie waar groot pryse gewen kan word….

Sportjoernalis staar lastereis van miljoene in gesig

Die S. A. Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) beoog om ‘n lastereis van sowat R21 miljoen teen die sportjoernalis Graeme Joffe in te stel, volgens ’n berig in Nuus24. Hofstukke…

Wimbledon-vrouekampioen glo slimmer as Einstein.

As jy nie mooi is moet jy slim wees. Marion Bartoli, Winbledon-vrouekampioen beweer dat haar IK 175 is. Dit betekendat sy slimmer is as Einstein en Stephen Hawkins. Sy het…

Wimbledon nuus

Die blondekop Duitser, Sabine Lisicki, het as 23 ste op die keurlys, skokgolwe veroorsaak toe sy die swart Amerikaner en vyfmalige Wimbledon-kampioen, Serena Williams, oortuigend geklop het met 6-2; 1-6…

Foutbal

Dis weer die eerste keer in ’n lang tyd waar daar ’n sport gebeurtenis is waaroor geskryf kan word. Ek praat nou nie van die bokspringe se toets waar daar…

Foutbal

Boks: Saterdagaand het Wladimir Klitcko sy titel as swaargewig bokskampioen van die wêreld behou nadat hy die redelike onbekende Francesco Pianeta in die sesde ronde uitgeslaan het. Die Italianer, Pianet,…

Foutbal!

Swem: Ek het altyd gedink dat swem een van die skoonste sportsoorte in die wêreld is. Dis beslis nie meer waar vir Suid-Afrika nie. Verlede week was die swem kampioenskappe…

Foutbal

Krieket: Vir die eerste keer in ses jaar het die Transvaalse krieketspan weer silwerware in die vertoonkas. Hulle het Sondag die span van Noord-Transvaal met ’n allemintige 30 lopies geklop…

Foutbal

Krieket: Die Proteas het dit toe reggekry om Sondag die eendag reeks teen Pakistan te beklink. Dit was maar ’n wipplank ryery. Vrydag het die Suid-Afrikaners met drie paaltjies verloor…

Foutbal

Krieket: Suid-Afrika se krieketspan is weer goed op dreef na die skandes wat hulle met die Twintig/20 toernooi teen Pakistan gemaak het. Sondag het die Blommetjies die Pakistani’s met 125…

Foutbal

Dit was lank gelede wat ’n boksgeveg Afrikaners se verbeelding aangegryp het soos die geveg tussen Suid-Afrika se Francois Botha en Sonny Bill Williams van Nieu-Seeland. Hierdie geveg het in…

Foutbal!

En daar word die krieketspan van Suid-Afrika van die troon afgestamp deur die spannetjie van Nieu-Seeland. Gedurende die toetse het Suid-Afrika die swart pette behoorlik vermorsel, maar hulle het hulle…

Foutbal!

Die waarheid het kort beentjies, maar hy haal jou altyd in. Dis wat sommige krieketspelers hierdie week uitgevind het. Die oud Suid-Afrikaanse speler, Henry Williams, het hierdie week gebieg dat…

Foutbal!

In tragiese sportnuus is Burry Stander, bergfiets ryer en wenner van die Cape Epic, in Shelley Beach deur ’n taxi doodgery. Hierdie is voorwaar ’n groot verlies vir Suid-Afrikaanse fietsry….

Foutbal!

Charl Schwartzel is vuurwarm hierdie Desember. Nadat hy verlede week die baan verpletter het in Thailand, het hy dieselfde vermag in die Alfred Dunhill kampioenskapstoernooi by Leopard Creek. Hy het…

Terggees nou glo rassis

Die wereldbekende Deense tennisspeler, Caroline Wozniacki (22) is onlangs van rassisme beskuldig. Dit het gebeur nadat sy handdoeke voor in haar bloes en agter in die romp gedruk het en…

Foutbal!

Die duiwel is behoorlik los in die Nieu-Seeland se krieket span. Hulle het op die vooraand van hulle toer na Suid-Afrika, hulle kaptein, Ross Taylor, van sy kapteinskap onthef. Toegegee,…

Foutbal!

Die S.A. krieketspan het uiteindelik doer onder gespeel soos dit die nommer een toetsspan in die wêreld betaam. Met die oorwinning van 309 lopies oor die Australiërs het Graeme Smith…

Foutbal!

Wat gaan deesdae aan in Transvaal rugby se administrasie en raadsale? Hulle is pas deur ’n liederlike seisoen waar daar meer aksie af van die veld as op die veld…

Aussie skroom nie om rassis te wees nie

’n Rasse-bohaai het in Australiese krieket losgebars oor ’n voormalige nasionale speler se gebruik van die k-woord. Die 52-jarige Greg Ritchie, wat in die 1980’s 30 toetse vir Australië gespeel…

Transvaal wen toe gemaklik

Vrydagaand was die afskop van die nuwe seisoen vir eendag krieket. Na al die strominge in krieket kon hulle darem ’n nuwe borg bekom vir die reeks. Momentum is hierdie…