Category Archives: Nuus

Olimpiese grootbase mors geld.

Suid-Afrika se Olimpiese grootbase het duisende rand van die organisasie se “beperkte hulpbronne” tydens die perdewedrenne in Julie in Durban geblaas. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Oplimpiese Komitee (Saskok) sê daar…

Rugby-afrigter dalk verlam.

‘n Bolandse rugby-afrigter, Arnoux Viviers (27) sal moontlik verlam wees, nadat hy van ‘n olifant afgeval het en twee werwels gebreek het. Die ongeluk het gebeur toe Viviers saam met…

Taiwanese boer help plaaslike boere.

‘n Afrikaanssprekende Taiwanese sampioenboer in die Vrystaat, help plaaslike boere om sampioene te kweek danksy biotegnologie afkomstig van Taiwan. In 2009 het Andy Weng binne weke ‘n sampioenboerdery in Ladybrand…

Lugmag val uitmekaar

Die lugmag se vegtervloot Gripens is vir alle praktiese doeleindes nou vir die land nutteloos en sal binnekort ook waardeloos wees weens ongebruik. Die onderhoudkontrak met Saab, die vervaardigers van…

Grondoudit voor nuwe grondeise, eis TLU SA

TLU SA het tydens sy Algemene Raadsvergadering in Pretoria sy hoogste vlak van ontevredenheid uitgespreek rondom die onsekerheid oor die grondoudit, veral rakende die grond in staatsbesit. Onlangse syfers wat…

Nuusflitse

• Die soektog na ’n nuwe ouditeur-generaal het begin met die aanstelling van ’n ad hoc-komitee. Die kontrak van die huidige OG, Terence Nombembe, verval in November. Die pos moet…

NHK se belegging veroorsaak kommer.

Verskeie gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk is bekommerd na aanleiding van ‘n persverklaring waarin die volgende bekend gemaak is: “Die beleggingskomitee van die Raad van Finansies het gister ‘n…

Dis die wie, en nie die prys, wat saakmaak.

Die prys is nie ‘n oorweging nie, maar wel met wie die munisipaliteit sake doen. So het ‘n senior amptenaar in die aankope-afdeling van die Pretoriaad dit gestel toe hy…

Wettige rybewys nou onwettig.

‘n Fietsryer in die Suid-Afrikaanse oefengroep vir die Paralimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gestremdes en die Menseregtekommissie ingedien. Die…

Militêre helikopter as taxi gebruik.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Minister van Verdediging, het ‘n militêre helikopter gebruik om glo ‘n ANC-vergadering in Potchefstroom by te woon. As rede vir haar besoek aan Potchefstroom is aangevoer dat sy…

Bondsvergadering van steedsHervormers.

Die terugvoer wat reeds ontvang is rondom die agenda vir die Bondsvergadering, is baie positief. Almal sien entoesiasties uit na hierdie historiese byeenkoms wat DV Sondag 28 Julie om 18:00…

Man herstel na plaasaanval.

‘n Dankbare Bouke Tack (57) het sy herstel na ‘n aanval by sy Golden Valley-melk-en-kaasfabriek in Magaliesburg as ‘n Godswonder beskryf. Hy is in Maart verlede jaar gedeeltelik verlam toe…

Onderwys departement se kondisionering

Die Departement van Onderwys en “Lead SA” het glo in ’n gesamentlike aksie, nou ’n beroep op alle skole regoor die hele land gedoen om 08:00 die oggend van 18…

Weermag ontken betrokkenheid

Die SANW het media berigte ontken dat Suid-Afrikaanse soldate betrokke was by die rebelle gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo, (DRK). Aanvanklik is berigte die werled ingestuur van…

Volksgenote se hulp gevra

Mnr. Jaco Bogaards van Nylstroom is tot 3 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die bewering dat hy huisvesting gebied het aan twee sogenaamde “Boeremag”-beskuldigdes, naamlik Herman van Rooyen en Rudi Gouws….

Drie swartes besteel sakeman

Toe mnr. At Stander van Petrusburg die nag wakker word, staan daar drie gewapende swartes om sy bed. Hy hoor die een vir de makkers sê om die honde dood…

Vliegtuig kaping by lughawe

Die polisie is inderhaas na die lughawe by Kempton Park nadat hulle blykbaar ’n wenk gekry het dat ’n gekaapte vliegtuig daar geland het. Die “wenk” was toe ’n leuen….

Wapenskandaal.

Voormalige President, Thabo Mbeki, Trevor Manuel en ander hoëprofiel-ANC-lede sal voor die Seriti-kommissie moet getuig. Mosiuoa Lekota, Ronnie Kasrils, destydse Minister en Adjunk-Minister van Verdediging, Alec Erwin, Oud-Minister van Handel…

Malaria op die kop geklap

Muskiete jag – jou vabond wag ek sal jou kry…. Die gevleuelde woorde van ’n beroemde volksdigter, word nou op ’n ander manier die volle waarheid. ’n Teen-malaria-verbinding wat oor…

Vyfjarige klap Zuma amper onderstebo

Dit was so hittete of pres. Zuma het die onderspit gedelf toe ’n vyfjarige seun van Oos-Londen gelykop met hom geëindig het in ’n skaakspel. Die jong seun, Keagan Rowe…

Korrupte senior polisiebeamptes geskors

Twee polisiebeamptes wat senior poste beklee is geskors weens korrupsie met wapen-lisensie bedrog. Brigadiers Mathapelo Merriam Mangwane en Hlamane Elias Mahlabane is aan die hoof van vuurwapen lisensies en is…

Korrupsie vererger in RSA

Een uit elke twee mense in die land het al omkoop geld betaal bloot om dienste te bekom wat in elk geval gelewer moes word. Dit is veel meer as…

Kol. Roos onthul polisie korrupsie

Kol. Johan Roos van die SAPD het jare gelede die Minister van Polisie gewaarsku deur bewyse voor te lê van sekere top amptenare wat by korrupsie betrokke is. Die Sondagkoerant…

Nasionale Vervolgingsgesag laat boewe vry

Die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) is verantwoordelik daarvoor dat twee gevaarlike rowers vrygelaat word. Twee rowers wat blykbaar deel was van ‘n groep boewe is “per ongeluk” deur die toedoen…

Ontsoutingsaanleg dalk vir Kaapstad.

‘n Studie om te bepaal of ‘n seewater-ontsoutingsaanleg vir Kaapstad die moeite werd sal wees, sal teen Desember voltooi wees. Volgens ‘n Burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Ernest Sonnenberg, word ‘n aanleg…

Zuma gee massiewe salaris verhoging

Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika, Terence Nombembe, se vergoeding is met sowat R1 miljoen per jaar aangepas. Asof dit nie genoeg rede is om die verhoging te vier nie, is die…

Kontrakteurs het verneuk

Konstruksiemaatskappye het glo geheime klubs gestig, waar byeenkomste gehou is deur die seniors in die grootste konstruksiemaatskappye. Hier het hulle al wat ’n tender in die boubedryf is, lekker bespreek….

Nog steeds Apartheid in SA

Apartheid is glo nog steeds in Suid-Afrika volgens die ANC se Adjunk president Cyril Ramaphosa. Hy het tydens sy verkiesingsveldtog in Pietersburg, Noord-Transvaal gesê dat Apartheid se skaduwee steeds daar…

Regering se SABC-slenter

Afrikaans gaan vanaf Augustus vanjaar op ’n nuwe kanaal ’n volle uur nuusbulletin uitsaai op DSTV Die nuwe kanaal vorm deel van die SABC se poging om in al 11…

Voortrekkerbeweging kry nuwe leier

“Ons is deel van die land se legkaart. Ons kan nie ons eie stukkie vertroetel asof dit die hele legkaart is nie. Ons wil as Afrikaners die swart en bruin…

ANC waarsku koning

Die koning moet ophou om president Zuma te beledig soos wat hy die afgelope week gedoen het. Dit is die waarskuwing wat die ANC-jeugliga in ’n skerp bewoorde verklaring die…

Mesmaker van formaat

Mnr. Peter Steyn van Welkom in die Vrystaat is gewoonlik in sy element wanneer dit by die ontwerp en vervaardiging van messe kom . Hy is nie verniet wêreldberoemd vir…

Oranjerivier Wynkelders presteer internasionaal

Kimberley: Slegs ’n paar weke nadat die Oranjerivier-Wynkelders (OWK) se heerlike rooi muskadel as die algehele wenner in die Suid-Afrikaanse Muskadel-kompetisie aangewys is, word die Kelders se wit muskadel onder…

Ondersoek na wapentransaksie begin

Die ondersoek na die omstrede multimiljard-wapentransaksie sal deur ’n Kommissie op 5 Augustus begin. Twaalf persone wat as sogenaamde fluitjieblasers beskou word, is aanvanklik geroep om in ’n eerste verhoor…

Eskom weerhou inligting

Dis nie net by die Medupi-kragsentrale waar arbeidsonrus en ‘n gesukkel om kontrakte suksesvol uit te voer, probleme skep nie. Terwyl Eskom die media vertel het dat die sinchronisering van…

Kom hier ’n hofsaak?

Pres. Barack Obama se onlangse besoek aan Kaapstad en Robbeneiland kan in die hof ‘n draai maak. Die ongelukkigheid volg nadat die lugmag sonder waarskuwing etlike kommersiële helikopter-operateurs tydens Obama…

TLU SA wil nie President se neef help ryk maak nie

TLU SA is nie bereid om betrokke te raak by enige projek om geld te kanaliseer na familie van pres. Jacob Zuma nie. Dit is die reaksie van mnr. Louis…

Noord-Transvaal vertoon sleg.

Nie een van die Regeringsdepartemente in Noord-Transvaal het ‘n skoon oudit vir die 2011-’12 boekjaar gekry nie. Derrick Ngobeni, voorsitter van die wetgewer se staande komitee oor openbare rekenings (Skoor),…

Hofbevel teen Motshekga.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, is deur die Hof beveel om regulsies vir die norme en standaarde van skoolinfrastruktuur binne etlike maande te finaliseer. Die hofaansoek is deur…

Malema se plan

Malema het verlede week ‘n nuwe beweging met ‘n nuwe plan voorgestel. Die Economic Freedom Fighters (EFF) is ‘n protesbeweging, het Julius Malema van sy nuwe organisasie gesê. Hy’t gesê…

Zumaville se baas het moeilikheid

Pres. Jacob Zuma is in ‘n nuwe storm oor sy Nkandla-woning nadat die omvang van sy betrokkenheid by die projek en veral die wyse waarop regulasies omseil is om hom…

Swanger meisies kan skoolgaan.

Die beleid van twee Vrystaatse skole se beheerliggame om swanger meisies die skool te verbied, is ongrondwetlik en moet hersien word, aldus ‘n beslissing van die Grondwethof. Die eintlike probleem…

Stadion mooi maar boukoste verneukspul

Die boukoste van die Kaapstad-stadion wat met tot honderdmijoene Rand gelaai is in vals kosteberamings, gaan van die boukontrateurs geruggeëis word. Ian Neilson, onder-burgemeester, het bevestig dat ‘n span prokureurs…

ANC dreig oortreders

ANC-kaders wat die Wet oortree, sal vasgevat word, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê. Hy het die opmerking gemaak in ‘n vraag-en-antwoordsessie op die sosiale netwerk Twitter terwyl…

Namakwaland se eerste blomme.

Vroeë reën in die Namakwaland, het gemaak dat die eerste blomme vir die seisoen begin blom. Die verwagting is dat die blomme teen volgende week in groot plate in die…

Bellville misdaad erger as ooit

Inbrake en rooftogte in Ridgworth, Bellville, waar ‘n man die naweek vermoor is, het in die afgelope maande die hoogte ingeskiet. Dit is die mening van mnr. Pieter Blaauw, voorsitter…

Suid-Afrikaners wil korrupsie uitroei.

Ongeveer vyf-en-sewentig persent van alle Suid-Afrikaners wat aan ‘n wêreldwye opname oor korrupsie deelgeneem het, meen dat hulle ‘n verskil aan die stryd kan maak. Volgens Transparancy International (TI) se…

Vere waai oor hoendermishandeling.

Die vere waai nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) en Astral Foods mekaar met regstappe dreig. Die NDBV beweer hoenders word deur Astral se pluimveegroep, Early Bird, mishandel en…

Duisende eis burgemeester se kop.

Die ANC sukkel met demokrasie as dit teen hom gaan. In Potchefstroom het duisende mense aan ‘n optog deelgeneem waarin hulle geëis het dat die uitgeskopte burgemeester, Maphetle Maphetle, sy…

Graanboere word gepootjie

Die diefstal van spoorstawe veroorsaak dat graanboere met hulle hande in die hare sit omdat graansilo’s in die besige stroopseisoen gereeld oorvol is. Graan moet per vragmotor mark toe vervoer…