ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Category Archives: Nuus

Twee rowers doodgeskiet

Twee rowers is Maandag vroegdag in ‘n nywerheidsgebied van Germiston doodgeskiet. Een van die polisiebeampte is in die gesig gewond tydens die oor-en-weer skietery. Die polisiewoordvoerder sê die polisiebeamptes het…

Landdros-staking op hande

Die blyk dat landdroshowe regoor Suid-Afrika tot stilstand gaan kom ná landdroste gedreig het om te staak. Hulle eis blykbaar dat hul salarisse nie genoegsaam aangepas word nie. Die Nasionale…

SABC steeds in krisis

Die SABC het aangekondig dat Ben Ngubane, die voorsitter van die Nasionale uitsaaier sowel as die ondervoorsitter, Thami ka Plaatjie, bedank het. ‘n Woordvoerder van die Departement van Kommunikasie, ene…

Minister van Polisie kan eis verwag

Die familie van die swart Mosambiekse taxibestuurder wat dood is na polisie hom vasgebind agter die vangwa gesleep het, oorweeg nou regstappe teen die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie. Dié besluit…

Mediese deurbraak

’n Amerikaanse maatskappy, Boston ¬Scientific het ’n toestel ontwerp is om beroertes te verhinder in mense in die hoërisiko-groep. Die toestel word ingeplant in die liggaam. Die klein toestel help…

Nuwe ID dokument oppad

Die Departement van Binnelandse Sake is glo besig om vervalsing van identiteitsdokumente sowel as geboortesertifikate en paspoorte vas te vat. Paspoorte is in 2009 herontwerp en sedert die tyd het…

Sentraal-Transvaal se gevaarlikste plekke

’n Polisiewoordvoerder het gese dat byna 11% van alle misdaad wat in die vorige boekjaar aangemeld is in die gebied, gepleeg is in 5 hoof punte. Die middestad van Johannesburg…

VSA se New Black Panther Party besoek RSA

Die Nes Black Panther Party besoek Suid-Afrika eersdaags met n afvaardiging wat gelei word deur hul leier, die omstrede Malik Zulu Shabazz wat by geleentheid na blankes in die land…

Honderde stoele weggedra van vergadering

Die Oos-Rand-munisipaliteit is glo woedend nadat inwoners met meer as ‘n duisend stoele by ‘n vergadering weggeloop het. Die inwoners is ontevrede oor die swak dienslewering. ‘n Raadslid het blykbaar…

Griekwastad-moorde: Verdagte voel eensaam

Die minderjarige blanke beskuldigde, ’n 16 jarige leerling is oppad hooggeregshof toe op klagte van verkragting sowel as die moord op Marthella Steenkamp asook van moord op ¬Deon en Christel…

Geen vreemde vleis word verkoop nie

Talle kleinhandelaars ontken dat hulle donkie, perd, of iets soos waterbuffel of enige ander snaakse en vreemde soorte vleis verkoop. “News24” het glo monsters vleis van talle winkels laat toets….

Boere wil buitelanders aanstel as arbeiders

Duisende boere in Transvaal en die Wes-Kaap het aansoek gedoen om buitelandse werkers indiens te neem. Dit volg nadat die minimum loon op geskuif is na R105 per dag vir…

’n Nuwigheid onder Vrystaatse swartmense

’n Nuwe tendens word in die Vrystaat, en in besonder in Bloemfontein ervaar met swartes wat nou verkies om hulle kinders na Afrikaanse skole te stuur. Te midde van die…

Sy eerste gemsbok met kopskoot

Klein Janko du Plessis (6) van Jim Fouché Laerskool in Bloemfontein, het sy eerste gemsbok met ’n kopskoot platgetrek. Janko het die bok wat 125 kg weeg met ’n .243-geweer…

Man eis R4 miljoen van Minister

Mnr. Hennie Muller (63) van Sentraal Transvaal loop nou bykans 11 jaar lank met ’n chirurgiese tang in sy bolyf na ’n operasie in Bloemfontein op hom gedoen is. Die…

Ondersoekspan na wapenskandaal vra nog geld

Suid-Afrika se omstrede wapenskandaal gaan die land miljoene Rand meer kos as wat begroot is. William Baloyi, ’n woordvoerder van die kommissie sê glo dat die begrote R40 miljoen nie…

Speurder Botha bedank uit SAPD

Ao. Hilton Botha (43) wat die ondersoek na die Pistorius-moordsaak gelei het, is oppad uit die polisie. Hy het gesê daar is twee redes vir sy bedanking. Hy kan nie…

Kontant en kitsbanke kan verdwyn

Die onttrekking van kontant uit kitsbanke of by banke se kassiere, is ’n al duurder wordende praktyk. Die moontlikheid dat kontantgeld in onbruik kan raak, word al hoe meer ’n…

Medupi-kragstasie staking beeindig

Die Medupi kragstasie se bouwerk het stilgestaan weens die staking van meer as 18,000 werkers. Verlede Donderdag het bouwerk hervat toe 12,000 werkers weer begin werk het. Hilary Joffe, ’n…

Swanger leerlinge is ’n krisis

Meer as 2,000 leerlinge in die Wes-Kaap word jaarliks swanger. Van die astronomiese getal leerlinge keer slegs een derde terug skool toe ná die geboorte van die baba. ’n Woordvoerder…

Droogte wek ernstige kommer

Die geweldige droogte wat heers in groot dele van Transvaal en die Vrystaat maak mielieboere erg bekommerd. Die geweldige brande in die Noord-Kaap waar die opvolg reën nie gekom het…

Konsultante word skatryk uit ANC

Konsultante wat aangestel is om ander konsultante te monitor, het tot gevolg dat die Departement van Korrektiewe dienste tussen die 2008 en 2011 altesaam meer as R2miljard aan konsultante bestee…

Minister belieg die mense

Die boere en inwoners van Chrissiesmeer sowel as die bewaringsorganisasies is woedend na dit bekend gemaak is dat Susan Shabangu, die Minister van Mineralebronne, ’n steenkoolmynhuis se aansoek goedgekeur het…

Terroriste skiet pa voor seun

Mnr. Waldimar Strauss (45), ’n prokureur is deur vier terroriste in sy luukse huis op ’n landgoed by Danabaai, naby Mosselbaai doodgeskiet. Mnr. Strauss is deur die terroriste vasgebind en…

Spandabelrige burgemeester leef lekker

Belastingbetalers moet in die volgende drie jaar R7,5 miljoen betaal vir die “instandhouding” van die ampswoning van Nomvula Mokonyane, burgemeester van Sentraal Transvaal. Die luukse woning is in Bryanston, Johannesburg….

Boere vleisbraai gekritiseer

Joshua Ngonyama, ’n ANC-burgemeesterskomiteelid vir behuising, het hom glo vervies oor ’n versoekskrif van ’n plakkerskamp wat deur die “petisiekomitee” van die Pretoria stadsraad bespreek is. Inwoners van Claremont, aan…

Krugerwildtuin vra weer omheining

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die Minister van Omgewingsake versoek om toestemming te kry dat die heining tussen die Krugerwildtuin en Mosambiek weer opgerig word. Die versoek is gerig nadat…

Metrorail wil jou betaal

Metrorail bied nou ‘n yslike beloning aan vir diegene wat inligting verskaf van mense wat sy treine aan die brand steek. ‘n Beloning van R50 000 sal betaal word aan…

Die polisie is die regering se gesig

Die polisie is die gesig van die regering. Die polisie is ook die barometer van dienslewering, het Faith Mazibuko, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Sentraal Transvaal gesê tydens die nasionale…

Weermag bonusse is diskriminerend

Weermag sSoldate is hoogs ontevrede omdat ’n nuwe betaling-stelsel van bonusse toegepas gaan word. Die stelsel is glo ’n manier om te diskrimineer teen sekere presteerders. Die langdiens-kontantbonusse word in…

Wat meer wil julle hê?

“Julle het mos al R39 000 aan doodsdekking gekry. Wat soek julle nou nóg?” Dít was die reaksie van die Weermag op die navrae van ’n gestorwe soldaat se familie…

Stakers terug by die werk

Die stakers by Lonmin Platinummyn, wat vroeg hierdie week gestaak het, het teruggekeer werk toe. Volgens die myn se woordvoerder, is alle werkers terug werk toe en alle bedrywighede is…

Staak die vertroue in sekuriteitswagte

Suid-Afrika se swak standaarde in die sekuriteitsbedryf is een van die belangrikste redes vir die skerp styging in misdaad by ondernemings en ook in die algemene openbare lewe. Dit is…

Vuurwapens weg uit polisie stoor

In KwaMhlanga, Oos-Transvaal is nie minder as 18 vuurwapens weg wat onder toesig van die SAPD was. Die grootste aantal daarvan is bewysstukke in moord en roof gevalle. Die wapens…

Vermiste vliegtuig opgespoor

Die wrak van die vermiste vliegtuig met ’n Suid-Afrikaanse fotograaf, Richard Mathew, asook die bekende in bewaringskringe, mnr. Mark Berry (39) wat as vlieënier aan boord was, is gister in…

Nuusflitse

• Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het gister ten sterkste ontken dat hy betrokke was by beweerde finansiële onreëlmatighede met die koop en verkoop van Cosatu se kantoorgeboue in Johannesburg….

Volksmoeder sterf na terroriste aanval

Mev. Mettie Botha van Fochville distrik is na ’n lang stryd, in die Milpark hospitaal oorlede. Die alombekende boer van die Fochville omgewing, mnr. Jan Botha en sy vrou Mettie…

Olifant groet Bloemfontein

Die olifant met die naam Thandora van die Bloemfontein dieretuin is deur ’n skare omstanders gegroet met trane wat oor sommiges se wange gebiggel het. Dié olifantkoei wat reeds 24…

Grootste eis ooit teen ANC regering ingestel

’n Eis van nagenoeg R90 miljard gaan eersdaags teen Transnet, die Departement van Openbare Ondernemings en die Tesourie ingestel word deur die Vryheidsfront Plus. Die eis word namens duisende verarmde…

Bejaarde skiet terroris morsdood

Noord-Kaap – Skok het geheers toe ’n bejaarde egpaar van die distrik Upington aangeval en aangerand is. Mnr. Albert Strauss (81) en sy vrou, Chrissie (72), is beseer in ’n…

President mislei Suid-Afrika

Pres. Jacob Zuma het Suid-Afrika met sy staatsrede gepaai en gerus gestel toe hy gesê het hy maak erns met korrupsie. Die feite is egter dat hy die teendeel doen…

ANC verdeeldheid vêrder oopgevlek

Minister Angie Motshekga, minister van Onderwys, moet dadelik bedank! So eis die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou). Thobile Ntola, die president van Sadou, het in Johannesburg gesê die minister het geen…

Olifant verniel polisievoertuig in Welkom

Die motorhawe personeel van die polisie in Welkom wou nie die storie glo wat vertel is deur Lt. Frik Meintjies dat ’n olifant die bakkie verniel het nie. “Jy is…

Pretoria kry ’n ander Uitvoerende burgemeester

Gerugte doen die rondte dat die Metro binnekort ’n ander burgemeester kry. Die ANC se streekraad vergader vandeesweek glo in Pretoria met die party se provinsiale Uitvoerende Raad om ander…

Renosterhorings weg uit polisiestoor

Die SAPD van die Assen-polisiekantoor buite Brits weet blykbaar nie wat van die stel renosterhorings geword het nie, dit is net weg. Die horings is ’n stel van die twee…

Hospitaal gaan sy deure sluit

Natal kan nie meer die Pongola-hospitaal in die Zoeloeland gebied befonds nie. Die skokkende onthulling is gemaak deur die provinsiale Departement van Gesondheid. Die hospitaal se aansoek om befondsing is…

Die e-Tol stelsel kom

Die Nasionale Vergadering het ‘n wetsontwerp goedgekeur wat die e-tolstelsel op snelweë mag implementeer. Ben Martins, Minister van Vervoer, sê die wetsontwerp is belangrik om die toepaslike implementering van die…

Verbruikers skuld Munisipaliteite miljarde Rand

Suid-Afrikaanse munisipaliteite word nie maandeliks betaal deur derduisende verbruikers nie. Meer as R81 miljard word aan munisipaliteite geskuld vir dienste gelewer. ’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) het…

Voertuigkapers veroorsaak dood

Kaapstad: Corne Whelman (41) was op die regte tyd by die verkeerde plek. Sy is dood nadat twee vermeende kapers in ‘n jaagtog met die polisie teen haar motor gebots…

Duisende Lonmin-Marikana werkers staak weer

Meer as 6,000 werkers by die Marikana-myn het begin staak. Dit is ’n onwettige staking volgens maatskappy woordvoerders. In Augustus verlede jaar het 34 mense omgekom tydens ’n soortgelyke staking….

rolex replicas for sale