ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Category Archives: Buitelandse nuus

Geweld by Boston-maraton eis lewens

Boston, VSA – ’n Geweldige slag is gehoor toe ’n bom ontplof tydens die Boston maraton naby die Copley-plein stadion. Die ontploffing het sowat 20 meter van die eindstreep plaasgevind….

Oorlog kan verwag word in Korea

Die moontlikheid van ’n volskaalse oorlog in Korea word ’n al groter moontlikheid en die kanse word nou geraam op 70% tot 80%. Só het ’n Chinese deskundige oor Korea,…

Eerlike Noorweegse tieners

Oslo – Twee Noorweegse tieners het sowat R730,000 in ’n tas gevind op ’n passasierstrein tussen Oslo en ’n dorp suid daarvandaan. ’n Redelik bejaarde passasier het die tas op…

President ken nie die Afrika-kultuur

Pres. Francois Hollande van Frankryk het ’n kameel as geskenk ontvang vir sy aandeel om Mali te bevry van Al-Kaida. Die Franse president het goedertrou die kameel voorlopig in die…

Maatskappye veg teen Google

’n Hele aantal bekende maatskappye, onder meer Microsoft, het glo versoek om Google te ondersoek oor sy beweerde onbillike praktyk in die gesofistikeerde slimfoon-bedryf. ’n Oorkoepelende struktuur, FairSearch, wat bestaan…

Selektiewe Menseregte

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, se eregas by die 2013 Hannover Messe was die Russiese premier, Wladimir Puten. Dit is vanjaar die amptelike Duitse-Russiese handelsjaar en die twee lande will…

Man skiet 13 mense

Belgrado – ‘n Man het 13 mense, waarvan een ’n kleuter is, in Serwië doodgeskiet. Die man in sy sestiger jare, het van een huis na die ander huis geloop…

Die Ystervrou van Brittanje is oorlede

Barones Margaret Thatcher, voormalige premier van Brittanje, het in haar slaap stil heengegaan. Sy was 87 jaar oud. Sy is in haar slaap dood weens ‘n beroerte, het haar kinders,…

Oorlog se hoë prys

Die twee oorloë in Irak en Afghanistan se koste vir die V.S.A. is astronomies in finansiële terme. Daar word bereken dat dit die land ongeveer $5-triljoen kan kos, waarvan op…

Spanning verhoog tussen Duitsland en Brittanje

Premier Cameron van Brittanje verkeer in isolasie en dit word al duideliker dat Europa nie bereid is om na Engeland se pype te dans nie. Die meerderheid Europese lande weier…

Berlyn byna tot stilstand geruk

Trein pendelaars in Berlyn was gewaarsku dat treine vertraag kan word nadat ’n bom uit die Tweede Wereldoorlog op ’n bouperseel gevind is. Die perseel waar die bouwerk gedoen word,…

Ekwador wil ‘n derde van sy reënwoud aan China te verkoop.

Ekwador beplan om meer as drie miljoen hektaar van sy ongerepte Amazone reënwoud aan Chinese oliemaatskappye te verkoop. Hierdie stap het nie net die huidige bewoners van die streek woedend…

Na-oorlog Irak en olie

Daar is mense wat beweer dat die oorlog in Irak oor sy olie gegaan het. Hoe lyk die land se olie-omgewing tien jaar na die V.S.A.-Britse inval? Daar word bereken…

V.S.A. en EU voel ekonomies bedreig

Die V.S.A. en die EU is besig met verkennende gesprekke oor die moontlikheid vir ‘n belastingvrye handelsone. Die besluit word waarskynlik aangehelp deur die BRICS lande wat hulle eie ekonomiese…

Gorilla van New York is dood

’n Gorilla met die vreemde naam van Pattycake, ’n besonder sagmoedige gorilla, is dood. Die dier wat 40 jaar gelede in New York se Central Park-dieretuin gebore is, se dood…

Drie eeue oue olifanttand gesteel

In Parys, Frankryk is ’n jong man gevange geneem nadat hy ’n olifanttand gesteel het in ’n museum deur dit met ’n kettingsaag af te saag. Die klank van die…

Nieu-Seeland ervaar droogte

Die wereldprys van melk het rekordvlakke bereik weens die geweldige droogte in Nieu-Seeland. Tydens die onlangse aanlyn Fonterra-internet verkoping het melkpryse die hoogte ingeskiet. Die droogte in Nieu-Seeland het veroorsaak…

Oornag ’n Miljarder

Pedro Quezada (44) is in die Dominikaanse Republiek gebore en het R3,1 miljard met die Powerball-lotery in New Jersey, Amerika gewen. Die staat se lotery-raad het hom nog nie amptelik…

Motorfinansiering in die V.S.A.

Hoe finansier inwoners in die V.S.A. hulle motorvoertuig aankope? Etlike jare gelede sou daar geantwoord kon word dat ‘n aansienlike gedeelte kontant aangekoop word. Die verslegtende wêreldekonomie het ook hierin…

Siprus oorleef!

Die eiland, Siprus, met sy ongeveer 860 000 inwoners kan weer asem haal, nadat daar in die middenagtelike ure van 24 Maart ‘n ooreenkoms met die Europese Unie aangegaan is….

Pres. Bozize vlug landuit

Betroubare berigte is ontvang dat die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) se president, Francois Bozize, na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlug het. Bozize, en sy hele familie moes die land…

Weermag verleentheid: soldate doodgeskiet

Die Weermag van Suid-Afrika se poging om militêr in te gryp in die Sentraal- Afrikaanse Republiek (SAR) het hopeloos verkeerd verloop. Die Rebellemag het minstens nege soldate van Suid-Afrika doodgeskiet…

Prinses se rokke op veiling verkoop

‘n Aantal van prinses Diana se indrukwekkendste aandrokke is vir meer as R11 miljoen verkoop by ‘n veiling. ‘n Blou rok wat sy blykbaar na ‘n ete in die Withuis…

Poolse mynwerkers veilig

Die mynwerkers wat in ‘n kopermyn in Pole vasgekeer was na ’n aardbewing, is almal gered. Die mans was meer as 1,000 meter diep ondergronds vasgekeer ná ’n aardbewing, wat…

Poolse mynwerkers vasgekeer

Agtien Poolse mynwerkers is ondergronds vasgekeer ná ‘n aardbewing by ‘n kopermyn in die suidweste van Pole. Die volledige besonderhede is nog nie bekend nie. Geen inligting is beskikbaar oor…

’n Skool haaie by Perth strande

Lewensredders moes inderhaas waarskuwings uitsaai op die strande van Perth, in Wes-Australië. Dit is gedoen nadat ’n hele skool van sowat 100 haaie opgemerk is. Die haaie het saamgedrom en…

Chaos in Siprus

Duisende inwoners van Siprus onttrek hulle geld uit banke te midde van die Europiese Unie se drakoniese vereistes vir finansiële hulp aan die klein land. In ‘n ooreenkoms met die…

Nuwe pous aangewys

Die Roomse Katolieke het gisteraand kennis gekry wie die 266ste Pous is. Kardinaal Jorge Bergoglio (76) van Buenos Aires, Argentinië, is as die opvolger van pous Benedictus XVI aangewys. Hy…

Vrou eis miljoene teen Afriqiyah Airways

Mev. Ilse Matthee (46) van Stellenbosch kry byna R13.5 miljoen van die Franse Afriqiyah Airways nadat die gesin se primêre broodwinner dood is toe ’n vliegtuig in Tripoli, Libië, neergestort…

Saoedi-Arabië onthoof gewapende rowers

Sewe mans, wat van gewapende diefstal en plundery skuldig bevind is, is in Saoedi-Arabië onthoof. Die teregstellings het blykbaar in Abha plaasgevind. Die sewe mans is aanvanklik in 2006 in…

Obama besoek Suid-Afrika

Die Amerikaanse president, Barack Obama beplan glo om Suid-Afrika vanjaar te besoek. Sy adviseurs besluit glo om op die regte tyd Afrika en Suid-Afrika te besoek. Dit sal sy tweede…

Meer as een miljoen vlug uit Sirië

Die aantal vlugtelinge wat uit Sirië vlug staan het reeds die een miljoen kerf verby gesteek. Die getal is veel vinniger bereik as wat verwag is, het die VN se…

V.S.A. Federale besnoeiïngs kan ook S.A. tref

Die V.S.A. se staatsbesnoeiïngs, wat deur die Republikeinse Party op die regerende Demokratiese Party afgedwing is, het nie net dramatiese gevolge vir sekere staatsdepartemente in die V.S.A. nie, maar sal…

Venezuela se president sterf aan kanker

Pres. Barack Obama van Amerika wil skynbaar ‘n konstruktiewe verhouding met Venezuela hê. Die aankondiging is gemaak nadat dit bekend geword het dat pres. Hugo Chavez, ‘n uitgesproke vyand van…

Aussies kruip weg vir sikloon

Australië se belangrikste hawe vir die uitvoer van ystererts is gesluit. Die inwoners van ’n afgeleë landstreek aan die weskus het behoorlik skuiling ingeneem terwyl hulle ‘n kragtige sikloon inwag….

China bedreig met 140-miljoen werkerstekort

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) word China se ongelooflike hoë ekonomiese groei binnekort bedryg deur die land se eie toedoen deurdat daar ‘n tekort aan jong mense ontstaan het….

Kernafval lekkasie in VSA

Daar is aanduidings dat minstens ses ondergrondse tenks wat kernafval huisves besig is om te lek. Die kernafval het ontstaan tydens die vervaardiging van kernbomme wat oor verskeie jare gedoen…

Kernafval lekkasie in VSA

Daar is aanduidings dat minstens ses ondergrondse tenks wat kernafval huisves besig is om te lek. Die kernafval het ontstaan tydens die vervaardiging van kernbomme wat oor verskeie jare gedoen…

Bulgarye protesteer steeds.

Ofskoon die eerste minister en sy kabinet bedank het, gaan die Bulgare voort met hulle protesoptogte. Bulgare het ‘n week gelede in massa-optogte geprotesteer teen stygende elektriesekrag-voorsiening. Verlede week Dinsdag…

Honderde RSA mediese studente in Kuba

Sewe van Suid-Afrikaanse mediese studente in Kuba weier om varkvleis te eet. Dit is ’n weiering weens geloofsoortuigings. Die res van die studente is klaarblyklik nie lus om dit te…

Eerste Minister van Bulgarye Bedank.

Die Eerste Minister van Bulgarye Boyko Borissov het bedank weens die aanhoudende protesoptogte in die hoofstad, Sofia en ander stede. Die rede vir die protesoptogte het gegaan oor die steeds…

Noord-Korea se anti-Obama veldtog

Noord-Korea het ’n nuwe propaganda veldtog teen die VSA en pres. Obama begin. ’n Video wat onlangs vrygestel is, bevat onder andere beeldmateriaal van Barack Obama en Amerikaanse soldate “in…

“MISS ALLY” VERDWYN IN NOVA SCOTIA

Die 13.5 meter vissersboot, die “Miss Ally” het omtrent 120 kilometer suidoos van Liverppool op die suidelike kus van Nova Scotia, Kanada verdwyn. Die boot het in die moeilikheid geraak…

Massiewe protesoptogte in Bulgarye

Die grootste protesoptogte wat die land die afgelope twintig jaar gesien het, woed tans in Bulgarye. Meer as 300 000 mense protesteer teen die deurlopende diefstal deur die banke en…

Die Stadigste dier geniet ‘n bootrit.

‘n Drievinger luiaard, (Sloth) het ‘n onverwagse rit op ‘n snelboot gekry. Die drievinger luiaard (daar is ook ‘n tweevinger) het volgens die persoon wat die video geneem het, Patrick…

Diewe steel 10 kilogram diamante

Gewapende rowers het ‘n groot aantal diamante gesteel terwyl dit op ‘n vliegtuig by die Brussel-lughawe gelaai is.. Altesaam 10 kg diamante, ter waarde van sowat R4 miljard is gesteel….

Nog skuldiges met perdevleis

Nestlé , die welbekende Switserse voedselreus het die jongste nywerheid geword wat deur die perdevleis-skandaal getref is. Die maatskappy het pasta disse van supermarkte se rakke in Italië en Spanje…

VSA se nuwe wapen

Die VSA het ’n nuwe bom ontwerp en getoets wat Iran se kernwapen-program kan stuit. Die nuwe wapen beskik glo oor die vermoë om selfs die diepste Iranse kernaanlegte uit…

Pretoria se naam in Kenia

’n Taxi eienaar in Kenia was so beindruk oor die naam “Pretoria”, wat hy toevallig in ’n tydskrif gesien het, dat hy dit deel van sy onderneming se naam gemaak…

Kleuter met hoë IK.

‘n Skattige kleuter van drie jaar oud is die jongste nuwe lid van Mensa. Haar IK is hoër as die van die bekende fisikus Stephen Hawking. Die slim kleinding, Alice…

rolex replicas for sale