ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Category Archives: Buitelandse nuus

Franse Goodyear-werkers woedend

Woedende werkers by ’n Goodyear aanleg naby Parys, Frankryk, het uit protes twee van die senior bestuurders van die vervaardiger in ’n fabriek toegesluit en hulle die nag daar laat…

Sneeustorting eis vier lewens

In die berge van Switserland het ’n berggids en drie lede van sy toergroep omgekom in ’n massiewe sneeustorting. Duie berggids het ’n groep van ses gelei op ’n ski-toer…

Merkel beseer in ski-ongeluk

Bondskanselier dr. Angela Merkel van Duitsland, stap deesdae met behulp van krukke vanweë ’n ernstige besering wat sy opgedoen het van haar bekken tydens ’n ski-ongeluk. Vir die volgende maand…

China vernietig tonne ivoor

Om onwettige handel in ivoor te bekamp, het die regering van China sowat ses ton ivoor, hoofsaaklik olifant tande, vernietig in ’n poging om die land se beeld te herstel….

Wonderbaarlik oorleef in see

As jy in die diep waters van die see beland, en jy kan boonop ook nie swem nie, dan is daar weinig hoop op uitkoms en redding. ’n Taiwannees het…

Vliegtuig ongeluk eis lewe

Een persoon is dood en twee ander beseer toe ‘n straler verlede Sondag op ‘n lughawe van Aspen in Amerikaanse staat Colorado tydens landing omgeslaan en toe in vlamme uitgebars…

Vyfde ysbreker oppad

Met die Amerikaanse ysbreker oppad om hulp te verleen, is dit die vyfde skip wat gaan help om die Russiese skip te bevry uit die Antarktiese yslaag wat die oorsaak…

Ryke word ryker

Pallonji Shapoorji Mistry, een van die rykstes onder die rykes, het verlede jaar ’n bykomende $2,8 miljard ryker geword. Mistry is in Indië gebore maar is ’n burger van Ierland….

Die rykstes ter wêreld

Aan die einde van 2013 het die 300 rykste persone in die wêreld se gesamentlike bates met meer as $540-miljard toegeneem. Die nommer een posisie is deur Bill Gates herwin…

Rusland lewer rekord ru-olie produksie

Rusland het in Oktober op een dag byna sy rekord ru-olie produksie, wat in 1988 gelewer was, bereik met  10.59-miljoen vate. Die rekord vir een dag in 1988 was 11.41-miljoen…

Afrika – die armoedige kontinent

Die armste lande ter wêreld is in Afrika. Die berekenings wat gemaak is, is geskoei op die Bruto Binnelandse Produk (BBP). Die tien armste lande se gegewens is opgestel volgens…

Passasiers met helikopter vervoer

Die passasiers en navorsers wat meer as ‘n week lank in die Antarktiese ys vasgekeer was op die Russiese skip, die MV Akademik Shokalskiy, is uiteindelik per helikopter vervoer na…

Talle dood met vulkaan uitbarsting

Die berg Sinabung in die Noord-Sumatra provinsie van Wes-Indonesië , naby die dorp Berastepu, het massiewe rookkolomme die lug ingeblaas en uiteindelik moes bykans 20,000 mense na veiligheid geneem word….

Dagga-verkope gewettig

Die wêreld word nou op sy kop gedraai met die eerste wettige verkope van dagga in die Amerikaanse staat Colorado waar gelisensieerde instansies en persone gemagtig is om dagga te…

Diewe steel kosbare munte

In Australië het ’n korporaal  vain die Weermag groot skade gely toe rowers by sy huis ingebreek het en sy kosbare muntstukke gesteel het. Hy was op ’n gebruiklike Nuwejaarsfees…

Schumacher stabiel

Die beseerde Michael Schumacher se toestand is as bestendig beskryf, te midde van die feit dat hy steeds in ’n medies beheerde koma gehou word Alhoewel sy toestand gestabiliseer is,…

Egiptiese kosbaarhede gesteel

Kosbare skatte waarvan ’n groot deel uit die tyd van die Egiptiese farao’s kom. Is in ’n wêreldbekende museum gesteel. Die land se Departement van Antieke Ware het bekend gemaak…

Twitter minder gewild

Die hewige mededinging om deelname op die verskillende forums van die sosiale media te bekom, word in die VSA op die spits gedryf en sal na verwagting wêreldwyd toeneem na…

Buitelandse handelaar mag bly

In Zimbabwe is die ultimatum wat gerig is tot buitelandse kleinhandelaars, om op hulle deur op 1 Januarie en daarna, gesluit te hou, teruggetrek deur die regering. Die bepaling dat…

Helikopter ingespan met redding

Die bemanning en passasiers van ’n Russiese skip wat vasgeval het naby Antarktika, gaan per helikopter van die skip afgehaal word. Die Ministerie van Buitelandse Sake van Rusland sê die…

Schumacher kritiek

Die voormalige motor renjaer, Michael Schumacher(44), is in ’n stryd gewikkel om sy lewe, nadat hy in ’n ski-ongeluk in Frankryk met sy kop teen ’n klip geval het. Schumacher…

Miljoenêrs teen 75% belas

Frankryk se sosialistiese president, Francois Hollande, wat by geleentheid gesê het dat hy nie van rykes hou nie, het uiteindelik sy sin gekry. Hy het tydens sy verkiesingbeloftes in 2012…

Ambassadeur vra asiel

Die ambassadeur van Zimbabwe in Australië het om asiel gevra en gesê sy sien nie kans om terug te keer na die land van haar geboorte nie, want sy sal…

Ruiterstandbeeld is weg

In Windhoek is daar ’n gevoel van wrewel nadat die baie bekende Ruiterstandbeeld in Windhoek, op Kersdag verwyder is deur regeringsamptenare. Die Reiterdenkmal, is volgens gerugte, onder uiters geheimsinnige omstandighede…

Super-onkruid vernietig oeste.

Deur die handeling van die biotekfirma, Monsanto, wat net in dollars geïnteresseerd is, is 25 miljoen hektaar plaasgrond in Amerika nou oortrek met skynbaar onvernietigbare onkruid. Hierdie onkruidplaag is direk te wyte aan…

Vakansie in Nederland

Die meegaande foto wys hoe vakansiegangers met sonsambreel en baaiklere die strande in Nederland besoek gedurende hul eie somervakansies. So ’n saamgeperste klomp mense is in Europa niks nuut of…

Zim op kreeftegang

Robbert Mugabe en sy regering het die inwoners van die land besteel, hulle in die ellende gedompel en hongersnood veroorsaak. Dit is die mening van Morgan Tsvangirai, die voormalige premier…

Hospitaalpersoneel onverskillig

Toe ’n bejaarde dame met geweldige pyn uit die Steve Biko-hospitaal ontslaan is, was die personeel se rede vir die wandaad, dat hulle te min personeel het om na haar…

Obama kry ʼn deeglike loesing

Die grootmenere in die wereld van die Internet, waaronder Facebook en Twitter ook betrokke is, het die VSA president geroskam oor sy spioenasie en sy gerond snuffel om ander lande…

Soedannese rebelle bedrywig

Uit Kampala word berig dat een Amerikaanse soldaat hom in kritieke toestand bevind terwyl talle ander soldate ernstig beseer is toe ’n groepe rebelle in Suid-Soedan op twee vliegtuie van…

Suid-Afrikaners gekaap in Mosambiek

Hulle het gebid om genade, want daar was niks anders wat hulle kon doen om uit die kloue van vier gewapende kapers te kom nie. Annemarie Kramer (22) het maar…

Homoseksualiteit word verbied

In Uganda word dinge anders gedoen as in die VSA of in die RSA. Hier in Suid-Afrika word homoseksualiteit beskerm en in die VSA sou Obama die stuipe gekry het…

Gesteelde Stradivarius-viool gevind

In Londen is ’n Stradivarius-viool, wat vervaardig is in 1696, teen ’n bedrag van sowat R22 miljoen verkoop. Gedurende 2010 het diewe die viool gesteel en is drie jaar later…

Pennsylvania wen teen grondbreking

Die Hooggeregshof in Pennsylvania het beslis dat wetgewing in 2012 wat gasmaatskapye toelaat om grondbreking te doen sonder om die soneringswette in ag te neem, teen die grondwet is. Die…

Afgekapte hand aan been vasgewerk

In Sjina het dokters ‘n man se afgekapte hand vir ‘n maand lank lewend gehou deur dit aan sy been vas te werk, voordat dit weer aan sy pols geheg…

Rusland beïndruk die wêreld

President Putin is besig om die beeld van Rusland om te keer na een van menslikheid, binne ’n ferm maar regverdige bedeling. In die afgelope week het die Russiese parlement…

Nuwe ontdekkings oor smeltende Ysbanke

Dit is nie die aardverwarming wat daartoe lei dat ysberge smelt nie, want die smelting vind van onder die ysberge plaas. Navorsing toon dat warmer seestrome die ysbanke aan hulle…

Putin gee amnestie

Pres. Wladimir Putin, het in ’n verklaring bekend gemaak dat hy bereid is om amnestie te verleen aan Mikhail Khodorkovsky, die voormalige hoof van die Yukos oliemaatskappy. Khodorkovsky is op aanklag…

Wenners van miljarde Doller nog nie gevind

Twee mense in die VSA is blykbaar onbewus daarvan dat hulle gesamentlik meer as R6 miljard ryker is, en daarom nog nie hulle geldjies opgeëis het by die Mega Millions…

Swart rose?

Die raarste rose is in Halfeti, Turkye gevind. Hierdie swart rose mag lyk asof die kleur op hulle gespuit is, maar dit is hulle natuurlike kleur. Hoewel die kleur na ‘n…

Mandela-foute kry nie einde

Op ‘n Indiese reklamebord ter wille van Nelson Mandela, maar met ‘n foto van die Amerikaanse akteur, Morgan Freeman daarop het die tolk, Thansanqa Jantjie as grap vervang. Die reklamebord is…

Oorvloedige water iets van die verlede

Een van die obskure Amerikaanse organisasies, World Resources Institute (WRI) beweer dat oorvloedige water – met ‘n planeet wat al hoe warmer word en ‘n groeiende wêreldbevolking moet onderhou –…

Sal hier iets van kom?

‘n Geskiedkundige ooreenkoms is in Gaborone, Botswana, bereik toe besluit is om dringende maatreëls in te stel om olifantstropery teen alle koste te probeer stop. Die Internasionale Bewaringsunie (IUCN) het…

Frankryk – mense eet perdevleis

Die polisie in Frankryk het toegeslaan en 21 mense in hegtenis geneem tydens ’n ondersoek na hoe perde se vleis op die borde van eters beland het. Die perde wat…

Tifoon eis derduisende lewens

Die tifoon wat bekend staan as die Haiyan en wat die Filippyne op 8 November getref het, het nie net verwoesting gesaai aan geboue en strukture nie. Na raming is…

Tolk – Internasionale grap

Thamsanqa Jantjie, die tolk met gebaretaal, met die misdaadrekord, wat die ANC regering se roudiens in ’n sirkus help verander het, is nou die grap van die jaar in Amerika….

Geagte mnr. Napoleon

Franse burokrate wat inligting bymekaar maak vir die nasionale sensus, sal definitief moet teruggaan skool toe nadat hulle ‘n brief aan Napoleon gestuur het. Die amptelike sensusliggaam, Insee, het ‘n…

Merkel word ingehuldig

Dr. Angela Merkel, Duitse Bondskanselier, word môre ingehuldig saam met haar nuwe kabinetslede. Die afgelope drie maande het Duitsland in spanning gewag om te sien wat dr. Merkel gaan doen…

Uruguay lag vir VN oor dagga

Raymond Yans, voorsitter van die Verenigde Nasies se dwelmbeheerraad, wat internasionale ooreenkomste oor dwelmmiddels toepas, het gesê Uruguay se besluit om die verbouing en verkoop van dagga te wettig, is…

Peter O’Toole oorlede

Die Ierse akteur Peter O’Toole wat in 1962 roem verwerf het met sy vertolking van T.E. Lawrence in die Dawid Lean film, Lawrence of Arabia, is Saterdag oorlede. Hy was 81…