ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Category Archives: Buitelandse nuus

Staatsgreep ruk Burundi omver

Pres. Pierre Nkurunziza van Burundi het sy land se inwoners gemaan tot kalmte nadat ’n sterk poging om die president te onttroon, blykbaar in ’n staatsgreep misluk het. In ’n…

Ouma skuldig oor kleinkind se dood

Birmingham –.  Joyce Garrard (50) ’n ouma is skuldig bevind aan moord omdat sy haar 9-jarige kleindogter gedryf het om te bly hardloop tot sy ineen gestort het. Garrard is…

Cameron stel meer dames aan

Londen -. Premier David Cameron van Brittanje, het met die aanstelling van sy kabinet, deeglik gebruik gemaak van die geleentheid om meer dames aan te wys in sy vergrate span…

Gee net sy klip terug

’n Britse onderdaan, wat saam met sy Johannesburgse vriendin, Cheynne Holloway, op ’n staproete was, het haar verloor toe sy na haar dood geval het. Maar dit is nie die…

Mount Everest nou kleiner

Satelliet opnames wat verlede week ontleed is, toon dat die wêreld se hoogste berg, Mount Everest, na die geweldige aardbewing in Nepal, nou ’n fraksie laer is as voorheen. Die…

Nepal kry weer reuse skudding

Katmandoe -. Nog ’n massiewe aardbewing wat die Richterskaal op 7,4 te staan gebring het, is vanoggend in die gebiede naby die Everest berge gevoel gedurende die vroeë oggendure. Derduisende…

Hy vat toe vir oumagrootjie

Indiana -. Drew Holm, ’n matrikulant van Seymour in Amerika, het verkies om sy 93 jarige oumagrootjie as metgesel na die matriekafskeid te neem. Netjies geklee, en in oumagrootjie Kathryn…

Man met moordplan uitgevang

Londen -. Emile Cilliers (34), wat tans verbonde is aan die Britse Weermag, is uitgevang en in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy gedurende die afgelope Paasnaweek sekere…

Tories regeer Brittanje sonder koalisie

Die Konserwatiewe Party (Tories) van David Cameron het ’n verrassende oorwinning behaal in verlede week se algemene verkiesing toe hy ’n volstrekte meerderheid behaal het wat die party die regerende…

Verkiesingsuitslae skud Britse politiek

Die Konserwatiewe Party van die Britse eerste minister, David Cameron, kan volgens aanduidings in die kussings bly met ‘n meerderheid binne sy bereik. Cameron sal egter na verwagting steeds ‘n…

Naelskraap stryd in Britse verkiesing verwag

Die Britse algemene verkiesing op 7 Mei kan dieselfde tendens as in die res van Europa volg deurdat nie een van die groter partye ‘n definitiewe meerderheid behaal nie. Vir…

Voedseltekort dreig in Zimbabwe

‘n Nuwe vloedgolf Zimbabwiërs kan oor die grense na Suid-Afrika stroom aangesien die buurland na verwagting weens ‘n erge voedseltekort 700,000 ton mielies sal moet invoer. Dit raak veral die…

Missiel tref hospitaal

’n Veldhospitaal in Sirië het onder skoot gekom toe vegvliegtuie van die regeringsmagte ’n missiel afgevuur het wat die Gift of the Givers se hospitaal getref het. ’n Woordvoerder van…

Politieke leier op Al-Kaïda se moordlys

Nederland -. Geert Wilders, die bekende politikus se naam verskyn glo op die lys van Al-Kaida wat as teiken geïdentifiseer is. Die inligting is glo vrygestel deur ’n terroriste kenner,…

Dodetal bly styg in Nepal

Die dodetal in die aardbewing geteisterde staat Nepal, het reeds die 8,000 kerf verby gegaan, en nog talle lyke word onder die puin uitgehaal. Gesondheidsdienste word ’n hoë risiko want…

Moederskap – Noorweërs heel bo

Om getel te word as een van die wêreld se beste moeders, moet vroue waarskynlik maar gaan kyk wat doen ’n Noorweegse ma. Noorweegse moeders is onlangs aangewys as die…

Lewenstyl bepaal ‘n lang lewe

‘n Studie wat oor ‘n tydperk van ‘n halwe eeu deur Sweedse navorsers gedoen is, het ‘n paar sleutelgeheime omtrent langlewendheid openbaar. Die gesondheid van 855 mans wat in 1913…

Oud Suid-Afrikaners presteer as suiwelboere

’n Egpaar van Suid-Afrika, wat hulle in die verre Nieu-Seeland gaan vestig het, is die naaswenners in die grootste suiwel kompetisie van die land. Johan Blom en sy gade, Theona,…

SA vroue tel onder die bestes

In die Amerikaanse wildjag kompetisie vir vroue, is 20 semifinaliste aangewys wat meeding om die eerste plek in die Amerikaanse Extreme Hunters-kompetisie. Van die 20 is 16 Amerikaners en Kanadese…

Nigerië eis miljoene van SA

Die regering van Nigerië gaan heel waarskynlik ’n eis van etlike miljoene Rand teen die ANC-regering instel vir skade wat xenofobiese aanvalle op sy burgers in die land veroorsaak het….

Nieu-Guinee geskud deur aardbewing

’n Aardbewing het Papoea-Nieu-Guinee Vrydag geskud, en die Richterskaal op 6,9 laat tril, om kort daarna nog ’n skudding te kry wat 7,1 geregistreer het. Die Amerikaanse geologiese diens het…

SA mediese span kry hospitaal

SA mediese span kry hospitaal Nepal -. ’n Dinamiese mediese span uit Suid-Afrikaanse is in Nepal as een van die beste noodlenigingspanne in die land “bekroon” toe hulle ’n hospitaal…

Wêreldbekende vrou oorlede

Die Weight Watchers se stigter, Jean Nidetch, is Woensdag oorlede in Parkland in die VSA deelstaat Florida in die rype ouderdom van 81 jaar. Sy het ’n halfeeu gelede sowat…

Ma klap klipgooier warm

Baltimore -. ’n Vrou wat haar tienerseun ‘n paar oorveë gee en hom in sterk gekruide taal vertel om sy deelname aan die chaos in die Amerikaanse stad, Baltimore, te…

Nepal benodig miljarde se hulp

Die verwoestende aardskudding in Nepal het minstens 4 miljoen inwoners van die land ekonomies geknak volgens ’n verslag van die Verenigde Nasies (VN). Dié organisasie het nou ’n beroep gedoen…

Botswana waarsku teen vreemde arbeid

Gaborone -. Woordvoerders van die Botswana regering het herhaaldelike waarskuwings tot boere gerig om nie enige goedkoop arbeid uit Zimbabwe in diens te neem nie. Die boere is aanbeveel om…

Nigeriese magte red meisies uit woude

Die Weermag van Nigerie het ’n suksesvolle aanval uitgevoer op Boko Haram se rebelle in ’n operasie wat gemik is op die Sambisa-woude wat deur die terroriste ingeneem is. Die…

Buiteland beskuldig Zuma oor aanvalle

Harare -. Die Zimbabwiese Minister van Inligting het in ’n verklaring nie gehuiwer om pres. Jacob Zuma aan te vat oor sy uitlating dat die mense van die land kwaad…

Kleintjies gesus met slimfone

‘n Nuwe Amerikaanse studie toon dat meer as een uit drie kinders het reeds voor hulle eerste verjaarsdag ‘n slimfoon of tablet hanteer voordat hulle eens kan praat of loop….

Beperk monitors se ligweerkaatsing

Daardie skerm van ‘n rekenaar of ‘n loopfoon waarna daar voor slaaptyd gestaar word, beïnvloed jou slaappatroon en produktiwiteit by die werk. Die ligweerkaatsing van die skerm laat jou brein…

Nepal – reuse reddingswerk deur lande

Nepal se buurland, Indie, het sy eerste noodspanne binne 4 uur in die geteisterde Nepal gehad met sowat 300 opgeleide noodhulpwerkers. Daarbenewens het die Indiese regering 13 militêre vliegtuie, sewe…

Nepal gesondheidsdienste struikel

Katmandoe –. Die beperkte gesondheidsdienste in Nepal is besig om te struikel met ’n oorbelading van beseerdes wat versorging nodig het na die hewige aardbewing die land aan flarde geskud…

Noodtoestand afgekondig in Maryland

Baltimore -. ’n Noodtoestand is in die Amerikaanse deelstaat Maryland afgekondig vir die Baltimore gebied nadat oproeriges in hewige gevegte met die polisie betrokke geraak het. Die goewerneur, Larry Hogan…

Advokate veilig, vra hulp

Nepal -. Adv. Shane Matthews en adv Elsje Bezuidenhout is veilig, maar sit vasgekeer en benodig dringende hulp. Die twee het laat weet dat hulle veilig is, maar in nood…

Twee advokate gesoek in Nepal

Nepal -. Twee Suid-Afrikaners, adv. Shane Matthews (58) en adv. Elsje Bezuidenhout (46) wat as ’n paartjie saam in Nepal was, het soek geraak nadat die hewige aardbewing die staat…

Hy help nog waar hy kan

Hy brei vir almal wat dit nodig het, en dit te midde van sy 109 somers agter die blad. Alfred “Alfie” Date (109) brei vir almal kouse en babaskoentjies, truitjies…

Volkswagen voorsitter bedank onverwags

Teen alle verwagtinge in, het die voorsitter van Volkswagen se direksie, Ferdinand Piëch(78),  na 20 jaar in die amp, sy bedanking ingedien na afloop van ’n warm vergadering. Die bedanking…

Elektroniese afval besoedel die wêreld

Bykans 42 miljoen metrieke ton elektroniese afval het gedurende 2014 op die stortingsterreine van die wêreld beland. Ou rekenaars, uitgediende selfone, yskaste, mikrogolfoonde, elektriese ketels, televisiestelle, yskaste en dergelike goedere…

Europa word oorstroom deur vlugtelinge

Rome -. Die blyk dat meer as 5,000 onwettige migrante weekliks uit Afrikalande na Italië en ander Europese lande gaan stroom in die volgende ses maande. Die toestroming gaan werklikheid…

Massiewe aardbewing tref Nepal

Die kragtigste aardbewing in meer as 80 jaar het die staat Nepal, ten noord-ooste van Indië, die afgelope naweek getref en na raming het meer as 2,600 mense omgekom. Na…

Australië geteister deur storm en stormwinde

Sydney -. Die oostelike kusgebied en binneland van Australië word die afgelope paar dae geteister deur erge storms en veral stormwinde van meer as 100 km/h in die omgewing van…

Wêreldranglys wys SA is gevaarlik

Wêreldranglys wys SA is gevaarlik Suid-Afrika is in ’n oorlog met homself gewikkel, en kenners meen dat die situasie nog gaan vererger vanwee die polisie en weermag se onvermoë om…

Internasionale Strafhof moet Zoeloe koning ondersoek

‘n Nigeriese groep het ‘n beroep op die Internasionale Strafhof in Den Haag gedoen om die Zoeloe koning, Goodwill Zwelithini, se “haatspraak” te ondersoek wat tot die vlaag aanvalle teen…

Australië sê, keer die vlugtelinge so!

Perth -. Om ’n einde te maak aan die instroming van vlugtelinge wat enige land onwettig wil binnegaan, is nie so ingewikkeld as wat Europa dit wil maak nie, volg…

Nuwe koalisieregering wag op Finland

Onderhandelings is in Finland aan die gang om ‘n koalisieregering na die pas afgelope verkiesing te vorm. Op die oomblik lyk dit asof die leier van die Sentrumparty en miljoenêr…

Grootste beesplaas nou te koop

As jy kans sien om met 200,000 beeste te boer, en bereid is om oor ’n oppervlakte van 100,000 vierkante kilometer jou plaas te bestuur, dan is die geleentheid nou…

SA konsulaat nou gesluit

Die uitgebreide xenofobiese aanvalle op uitlanders het daartoe gelei dat protesoptogte in ander lande begin het om hulle weersin en afsku te demonstreer oor wat in Suid-Afrika gebeur. In Lagos…

Vlugteling-seeramp word ondersoek

Die boot met honderde vlugtelinge wat omgeslaan het in die Middellandse See, se kaptein gaan ondersoek word nadat bewerings gemaak is dat die vissersboot opsetlik omgekeer is om die lewe…

EU maak planne oor vlugtelinge

Luxemburg –. Kort nadat dit bekend geword het dat meer as 700 vlugtelinge waarskynlik verdrink het toe die boot waarop hulle was, omgeslaan het, was regeringslui van verskeie lande in…

Honderde vlugtelinge vermis naby Italië

Sowat 730 vlugtelinge wat op ’n boot van die Libiese kus na Italië onderweg was, het omgeslaan en onder die water verdwyn. Blykbaar kon sowat 30 vlugtelinge gered word, en…