ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Category Archives: Buitelandse nuus

Rebelle wil verkiesing hou in Oos-Oekraïne

Die twee pro-Russiese separatistiese gebiede, Dontesk en Loehansk beoog om oor die naweek ‘n verkiesing te hou om leiers en parlementslede te kies. Rusland het intussen aangekondig dat hy die…

Lawa kruip nader aan Hawaise dorp

Baie van die Hawaise dorp, Pahoa, se 800 inwoners het begin om die plek te ontruim terwyl lawa van die Kilauea-vulkaan al nader kruip. Twee paaie en ‘n begraafplaas is…

EU slaan Brittanje aan vir £1.7 biljoen.

Brittanje se lidmaatskap van die Europese Unie (EU) word bedreig deur ‘n eis van die instansie vir ‘n verdere £1.7 biljoen vir Brussels se koffers. En die tjek moet voor of op…

Google begin politici koop

Google het vanjaar meer geld  aan politieke kampanjes as die internasionale beleggingsbank, Goldman Sachs, bestee.  Die tenologiese reus se politieke arm, NetPAC het vanjaar $1.43 miljoen in besluitnemers se hande gesit…

Google advertensies oortref gedrukte media.

Google se advertensie-inkomste is tans dubbel soveel as die gesamentlike inkomste van alle gedrukte koerante in Amerika.  ‘n Voormalige redakteur van die Washington Post waarsku dat die verbruikers binnekort gaan besef…

Kakoa kan geheue help

‘n Bio-aktiewe bestanddeel in kakoa het die vermoë om geheueverlies wat met ouderdom gepaard gaan beduidend  te laat afneem. Bykans 40 vrywilligers van 50 tot 69 jaar het daagliks vir…

SAOG tevrede met Botswana verkiesing

‘n Waarnemingspan van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het die verkiesing in Botswana as vry en regverdig asook geloofwaardig verklaar. Die nuut verkose parlement het Ian Khama vir ‘n tweede termyn…

Hy is maar grillerig

e Hierdie foto’s wys ’n spinnekop wat so groot soos ’n klein hondjie is en giftande van 5 cm lank het. ’n Navorser was in ’n Suid-Amerikaanse reënwoud toe hy…

Oekraïne verkies Westerse bondgenote

Pro-Westerse partye sal na verwagting die pas afgelope verkiesing in die Oekraïne wen. Die stemtellery is nog aan die gang nadat die verkiesing oor die naweek plaasgevind het. Volgens uitgangspeilings…

Khama weer Botswana se president

Botswana se president Ian Khama is vir ‘n tweede termyn herkies nadat sy party volgens voorlopige uitslae die meeste stemme in die pas afgelope verkiesing gekry het. Sy Botswana Demokratiese…

Michael Schumacher herstel stadig.

Die neuroloog wat Michael Schumacher sedert sy ongeluk verlede jaar behandel het, het gesê dat die F1-kampioen se herstel nog tot drie jaar kan duur. Die 45-jarige Schumacher word tans by…

Moslemvrou uit teater gegooi.

‘n Vrou geklee in Moslemdrag met ‘n sluier waarvan net die oë sigbaar is, is gevra om ‘n opera-uitvoering in Parys te verlaat nadat die sangers geweier het om met die…

Grace Mugabe wil Zim-diktator opvolg

Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, het amptelik aangekondig dat sy beoog om haar 90-jarige man op te volg sodra hy uittree. Sy het terselfdertyd ‘n ultimatum aan die adjunk-president, Joice…

SA-broers in Amerika oor renosters aangekla

Twee Suid-Afrikaners word in Amerika daarvan aangekla dat hulle onwettige renosterjagtogte aan Amerikaners verkoop het en met renosterhorings handel gedryf het. Dawie Groenewald en sy broer, Janneman, staan tereg op…

Ebola sterftes styg drasties

Alhoewel die woordvoerders van die Wêreld  Gesondheidsorganisasie (WGO)  se inligting daarop dui dat die sterftes in Wes-Afrika reeds die 5,000 merk oorskei het, is waarnemers van oordeel dat die syfer…

Swede vorm nuwe regering

Die Sweedse eerste minister, Fredrik Reinfeldt, gaan uittree nadat sy koalisie-regering die pas afgelope verkiesing in Swede verloor het. Die Sweedse Sosiaal Demokrate sal onder leiding van Stefan Lofven ‘n…

Amerikaners teen onveilige SA gewaarsku

Die Pretoriase Dieretuin het sy veiligheidsmaatreëls uitgebrei nadat rooftogte in die omgewing gepleeg is. Dit volg nadat Amerikaners deur die Amerikaanse ambassade in Pretoria gewaarsku om nie die Dieretuin te…

Finale peilvlak vir Skotse referendum oor onafhanklikheid

Daar word koorsagtig gewerk om sowat ‘n halfmiljoen onseker kiesers te beweeg om deel te neem aan die referendum vir Skotland se onafhanklikheid op 18 September. Hierdie kiesers gaan die…

Koalisie moet IS-terroriste vasvat

Die ekstremiste van die Islamitiese Staat (IS of ook bekend as Isil of Isis) dreig om ‘n tweede Brit tereg te stel kort nadat die Britse hulpwerker, David Haines, onthoof…

Franse president loop op gespande tou

‘n Baie beslissende week lê voor vir die ongewilde Franse president, Francois Hollande se politieke loopbaan. Een van die sake wat sy lot sal bepaal, is die mosie van vertroue…

Amerika gaan Sirië aanval

Pres. Barack Obama het R5,48 miljard goedgekeur vir die rebelle in Sirië om die rebellegroep, Islamitiese Staat (IS) te beveg.  Die Siriese minister van versoeningsake, Ali Haidar het egter reeds…

Japanese stel nuwe rekord op

Die regering van Japan het bekend gemaak dat die Japanese burgers wat die ouderdom van 100 jaar of meer bereik het, ’n nuwe rekord getal mense opgelewer het in die…

Byna 2 milj Katalane betoog vir onafhanklikheid

Sowat 1,8 miljoen Katalane het vanjaar deelgeneem aan ‘n skouspelagtige betoging in Barcelona om aan te dring op onafhanklikheid van Spanje. Aangevuur deur die Skotse referendum oor onafhanklikheid wat op…

Franse president op laagtepunt

Die Franse kiesers is keelvol vir hulle president, en 62% glo hy behoort die eerbare weg te volg, en eerder uittree as president. Die opspraakwekkende inligting is vrygestel nadat ’n…

Michael Schumacher tuis

Michael Schumacher se rehabilitasie vir ‘n ernstige hoofbesering na ‘n ski-ongeluk in Desember verlede jaar, sal by sy huis in Switserland voortgesit word. Inligting oor die ware toedrag van sake is…

Skotte dans op ‘n swaardpunt

Die Skotte se openbare mening oor onafhanklikheid van Brittanje lyk asof dit inderdaad op ‘n baie dun swaardpunt, Skotse danse uitvoer. Met net nog ‘n week oor voordat die Skotte…

Britse politici skarrel rond oor Skotland

Die Britse politieke elite skarrel paniekerig rond oor die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid. Hulle haas hulle na Skotland, want dit is nie net meer blote dagdromery dat die…

Katalane aangevuur deur Skotse inisiatief

Die groeiende entoesiasme oor Skotse onafhanklikheid vuur honderdduisende Katalane vanjaar aan om op 11 September aan die "Diada"-nasionale dag deel te neem. Vanjaar vind dit boonop presies ‘n week voor…

Vlug MH17 was afgeskiet

Die Maleisiese passasiersvliegtuig wat in die oostelike deel van die Oekraine neergestort het, is neergeskiet en daar was geen fout met die vliegtuig nie. Dit is die bevinding van die…

Skotland wil vryheid opeis

In die afgelope weke het die media in Brittanje gegons oor die moontlikheid dat Skotland dalk n onafhanklike staat kan word, weg van die Britse oorheersing. Drie verskillende instansies het…

Lesotho steeds onstabiel

Die veiligheidsituasie in Lesotho bly op ‘n mespunt weens die politieke onstabiliteit waarin hierdie Afrika-staatjie gedompel is. Die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, is tans in Lesotho om glo ‘n vredesooreenkoms…

Ongewilde Obama moet daadkrag toon

Die Amerikaanse publiek is oorweldigend ten gunste van strenger optrede teen die terroriste van die Islamitiese Staat (IS) in Sirië en Irak. Volgens die uitslag van ‘n meningsopname deur Washington…

CIA martel terroriste

ʼn Engelstalige koerant berig dat die Amerikaanse Intelligensiediens, wat bekend staan as die CIA, vermeende lede van Al-Kaïda sodanig gemartel het dat hulle op die rand van die dood omgedraai…

Ebola volg die oliekaart

Daar is iets vreemd aan die uitbreek van Ebola, sê ‘n navorser, Patricia Doyle, Ph.D van Vancouver in Kanada.  Dit is vir haar besonder vreemd dat die Ebola virus die…

Staatsgreep dreig in Zimbabwe

‘n Staatsgreep bly ‘n moontlikheid in Zimbabwe  weens die ernstige ekonomiese probleme waarmee die land worstel. Die waarskuwing is uitgereik deur ‘n burgerregte organisasie oor ‘n moontlike militêre opstand indien…

Politieke vrede wink vir Mosambiek

‘n Verkiesing gaan in Oktober deur Mosambiek gehou word kort op die hakke van ‘n vredesooreenkoms wat tussen die twee strydende partye in die land gesluit is. Die ooreenkoms beëindig…

Lesotho bly wankelrig

Militêre optrede sal nodig wees om stabiliteit in Lesotho te herstel, meen die nuwe weermagaanvoerder van die bergkoninkryk. Luitenant generaal, Maaparankoe Mahao, probeer die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) beweeg om op…

Skotse nasionaliste skok Britte tot "omkoop"

Skotse nasionaliste het skokgolwe in Britse politieke vestings veroorsaak deur vir die eerste keer ‘n meerdeheid in ‘n meningsopname te kry. Die Skotse ja-stem het in die jongste YouGov Plc-opname…

Die aarde koel af

Satelietfoto’s wys dat die somer ysbedekking op die Noordpool is dikker en groter as twee jaar gelede. Tans bedek dit ‘n gebied van 1.7 miljoen kilometers meer as twee jaar gelede.  Sewe…

Onsekerheid oor skietstilstand in Oekraïne

Baie versigtige optimisme heers oor die moontlikheid om ‘n skietstilstand in die Oekraïne te sluit. Rusland, die Oekraïne en pro-Russiese rebelle gaan in die hoofstad van Belarus, Minsk, vergader om…

Vrou in Londense woonbuurt onthoof

‘n Bejaarde weduwee is in die Londense woonbuurt, Edmonton, in ‘n agtertuin met ‘n panga onthoof. Die 82-jarige Palmira Silva se bure is uiters geskok oor die moord op hul…

NAVO hou beraad oor Rusland

Die Noord-Atlantiese Verdrag Organisasie (NAVO) het glo op strawwer maatreëls besluit wat toegepas gaan word op Rusland. Die maatreëls word toegepas nadat die NAVO-beraad wat in Wallis gehou is, besluit…

Vlug MH17-verslag binnekort bekend

Die Nederlandse ondersoekers wat die vlugopnemer ontleed het bekend gemaak dat ’n voorlopige verslag binnekort vrygestel sal word. Benewens die vlugopnemer se gegewens sal die verslag ook gegewens bevat van…

Skotse onafhanklikheid kry momentum

Die moontlikheid dat die “ja-stem” in die komende Skotse referendum oor onafhanklikheid op 18 September kan wen, lyk baie positief. Die ondersteuning vir die ja-stem het volgens die jongste meningsopname…

Poetin verwelkom skietstilstand

Pres. Wladimir Poetin van Rusland se voorstel dat die betrokke state om ’n tafel in gesprek tree oor die krisis in die Oekraïne, het positiewe vrugte gelewer nadat dit bekend…

Lesotho polisiehoof kruip weg

Die polisiekommissaris van die Bergkoninkryk, Khothatso T’sooana, is nog steeds weg omdat hy na bewering vrees vir sy lewe. Lesotho se polisiekommissaris kruip glo nog weg uit vrees vir sy…

Poetin trap vas oor Oos-Oekraïne

Russiese troepe is na bewering in die twee stede gesien wat deur die rebelle in die oostelike deel van die Oekraïne beset word. Dit beteken dat daar ook nou amptelik…

Tweede Amerikaanse joernalis onthoof

Die Islamitiese militante groep, IS (ook bekend as Isis of Isil), het ‘n video bekend gestel waarin die onthoofding van ‘n tweede Amerikaanse joernalis, Steven Sotloff, vertoon word. Dit volg…

Britte wil ekstremiste uit land hou

Brittanje het sy teen-terreur wette uitgebrei om die bedreiging van Islamitiese ekstremiste te probeer bekamp. Die nuwe wette gee die polisie die mag om beslag te lê op die paspoorte…

Poetin spreek die jeug toe.

Tydens ‘n twee-en-‘n-halfuur vraag en antwoord sessie het Rusland se president, Wladimir Poetin, die jeug van sy land toegespreek en ingelig oor aktuele sake.   Hy het hulle daaraan herinner…