Wie koop die dooie perd?

As iemand so baie geld wil vermors om duisende Rand te betaal vir ʼn dooie perd, dan sal die ANC se ministers se nuwe plan met Eskom slaag.

Sleutel ministers in die Suid-Afrikaanse regering van die ANC het blykbaar n bree ooreenkoms bereik om sekere kragstasies van die staat wat deur Eskom bedryf word, te verkoop om sodoende die bankrotskap van die kragvoorsiener te beëindig.

Die Minister van Finansies het dit bekend gemaak dat sekere steenkool kragstasies verkoop word, met die klaarblyklike bedoeling dat so ʼn kragstasie dan die elektisiteit terug verkoop aan Eskom.

Kenners wys daarop dat die COP26 konferensie juis daarop fokus dat steenkool as energiebron uitfaseer moet word, wat beteken dat alternatiewe bronne gebruik sal word, waarvan sonkrag en windkrag die beste opsie is.

Ingeligte bronne wys daarop dat sulke kragstasies wat te koop aangebied sou word, waarskynlik net ʼn paar Rand sal oplewer, aangesien beleggers veel eerder in groen energie sal belê as in steenkool wat reeds verdoem is.

Finansiële deskundiges wys daarop dat al die steenkool kragstasies in die land se waarde so gedaal het weens die klimaat verandering konferensie se besluite, dat hulle gesamentlike verkoopwaarde minder sal wees as die R450 miljard wat verskuldig is.