VSA: Talle sterftes van oordosis medikasie

Sterftes weens oordosis van medikasie in die VSA is hoër as die sterftes met vuurwapens en motor ongelukke, en deskundiges glo dat ʼn toenemende wangebruik van medikasie “meer tragiese gevalle” gaan beleef.

Fentaniel is nou die grootste sondebok van sterftes weens oordosis daarvan en die VSA data toon dat 100,300 sterftes van oordosis medikasie binne een jaar aangeteken is volgens die Sentrum vir Siekte Beheer en Voorkoming.

Die afgelope jaar het sterftes weens oordosisse met meer as 28% gestyg, en is byna soveel as wat met koronavirus infeksie gesterf het.

In 2020 was daar meer as 93,000 sterftes weens oordosis wat aandui dat die sterftes jaarliks al meer word.

Kommer bestaan oor die oordosis wat met medikasie vir griep en swaar verkoues gebruik word, en dat pasiënte soms probeer om te voorkom dat hulle longontsteking opdoen, en dan ʼn oordosis inneem wat noodlottige gevolge het.