Vierde pandemie onvermydelik

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het gesê die koms van ʼn vierde pandemie is onvermydelik, en die vakansie seisoen en die toestroom van mense na vakansie plekke sal die pandemie veroorsaak.

Alhoewel Suid-Afrika se statistiek toon dat minder as 400 mense per 24 uur tydperk infeksie opdoen, word die syfers bevraagteken en bestaan die vermoede dat dit veel hoër is.

Die minister sê as almal ingeënt was, sou die vierde pandemie afgeweer kon word en het sy hoop gevestig op die sogenaamde “Woema naweek” waartydens duisende hulle sou laat inent, wat egter nie gebeur het nie.

Slegs sowat 23 miljoen van die meer as 60 miljoen mense van die land het minstens een inenting gehad, maar kenners sê dit is die hoofrede waarom die vierde pandemie sal toeslaan op die land.

Die mikpunt wat die regering gestel het om 70% van die bevolking teen einde Desember geïmmuniseer te kry, sal nie bereik word nie, en beskuldigings word direk teen die Departement van Gesondheid en sy minister gehou.