Vierde pandemie kom later

Die Departement van Gesondheid het gesê die lae koers van nuwe infeksies van die koronavirus dui waarskynlik op die vierde pandemie se latere opwagting in Suid-Afrika.

Kenners wys daarop dat die groot risiko geleë is in die Desember vakansie tydperk wanneer mense langs die kus saamdrom en duisende buitelandse besoekers opdaag.

Die vermoede bestaan dat die stadige tempo van inenting wat deur die Departement van Gesondheid uitgevoer word, die risiko verhoog van die vierde pandemie.

Met die skole en universiteite wat dan reeds gesluit het, word die tweede helfte van Desember en Januarie 2022 die drumpel waarteen mense versigtig moet wees.

Aanvanklik is geglo dat die vierde pandemie in November sal begin, maar dit is verrassend dat dit heelwat later kan wees, en dat die voorlopige skatting wys op ʼn ligter pandemie as wat die derde een se geval was.