Veranderings: Die huisvrou moet kyk

Die groot voedsel verwerkings maatskappye is besig om groot veranderings aan te bring, wat enersyds die voedsel en die “versnaperinge” gaan onderskei, terwyl die verpakkings ook aansienlik verander.

Die bekende handelsname soos All Gold tamatiesous, Mev Balls se blatjang, en Tinkie gaan almal in kleiner verpakkings beskikbaar raak, aangesien dit met die huidige verpakking vir baie kopers te duur is, of te veel is omdat dit enkel lopende kopers is.

Albany Xtra brood, wit en bruin, gaan nou ook vier snye brood meer bevat, wat die prys per sny brood verminder.

Tiger Brand Jungle het gekom met ʼn sogenaamde gesondheid alternatief tot tradisionele energie stawe, met nuwe stawe wat minder suiker bevat.

KOO se nuwe geblikte produkte is reeds op die rakke, wat ondermeer dieet beet slaai en ander visgeregte insluit.

Selfs Black Cat grondbone botter is vernuwe en sjokolade versnapperings raak beskikbaar.

Verbruikers deskundiges het gewaarsku dat die veranderings ook gepaard gaan met verhoogde pryse per 100gm wat gekoop word.