Vakbonde eis groter staatshulp

Die Saftu vakbond se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, het weer ʼn beroep gedoen op die regering om werklose mense bo die ouderdom van 18 jaar, n beter maandelikse gratifikasie te gee.

Vavi sê die nuwe skema behoort die huidige R350 per maand te vervang met R1,500 per maand per werklose in die ouderdom van 18 jaar en hoër.

Saftu is die tweede grootste vakbond in die handelsektor wat ondermeer 21 geaffilieerde unies en meer as 80,000 werkers regoor Suid-Afrika verteenwoordig.

Die vakbond sê die ANC regering moet die maandelikse toelaag aan werklose mense sonder enige voorwaardes help om die honger mense by te staan.

Finansiële deskundiges wat berekenings maak, wys daarop dat dit Suid-Afrika maandeliks miljarde Rand sal kos waaroor die regering nie beskik nie. Om die huidige bedrag, wat ook nie juis bekostigbaar is nie, vier keer meer te maak, sal katastrofiese gevolge beteken, word gesê.

Die beter oplossing is om daardie miljarde is werkskeppende projekte te steek sodat werkloosheid verminder, en welsyn bedrae te verminder.

Gebruik daardie miljarde Rand elke maand en laat mense werk deur een na die ander groot sonplaas en windplase op te rig, terwyl baie met klein sakeondernemings gehelp kan word, deur R5,000 begin kapitaal beskikbaar te stel nadat hulle basiese opleiding gekry het.