Twee miljoen hektaar in wreedheid

Stropers het die grootste rede tot kommer geword in die twee miljoen hektaar grond van die Nasionale Krugerwildtuin.

Die stel van vangnette het nou een van die grootste knelpunte geword, en veldwagters is deurlopend besig om nuwe vangstrikke op te spoor en te vernietig.

Die geweldige groot gebied, waarvan die grens met die buurstaat Mosambiek oor ʼn lang afstand strek, maak dit uiters moeilik om stropers en vangstrik opstellers vas te trek.

Die Groot Vyf, Olifante, leeus, luiperds, buffels en renosters is almal die teiken van die misdadigers, en met die groot oppervlakte wat bewaar en beskerm moet word, is dit bykans onmoontlik om die boewe vas te trek voordat hulle skade aangerig het.

Die renosters word afgemaai omdat mense in Oosterse lande die horings misbruik om ryk te word. Die olifante word gejag vir hulle ivoor. En die ander drie is ewe gesog vir dele van hulle liggame.

Al vyf is op die lys om uiteindelik as “bedreigde spesies” opgeteken te word, en daarom is dit goed dat die diere ook deur wildboere aangehou word wat toesien dat die getalle geleidelik groei.