Taiwan versterk bande met Litoue

Die ambassade in die hoofstad van Litoue gebruik die regte naam van Taiwan en kom tot erge woede van Sjina wat die eiland as sy gebied beskou.

In Augustus het Sjina bevel dat Litoue sy ambassade onttrek en het sy eie ambassadeur in Litouer teruggeroep.

Taiwan het die brawe stap geneem om ʼn de facto ambassade te open in Litoue se hoofstad Vilnius, te midde van Sjina se ontevredenheid, veral omdat dit Taiwan se eerste poging is om met ʼn Europese land bande te smee.

Waarnemers vind dit van belang dat Taiwan vir die eerste keer sy naam as land gebruik om sy ambassade aan te dui, want in ander Europese lande, die VSA en ander, word die ambassade as Taipei aangedui om enige konflik met Sjina te vermy.

Die Minister van Buitelandse Sake in Taiwan het gesê die nuwe band met Litoue sal ʼn nuwe en belowende oefening wees in bilaterale verhouding wat gevestig is.

Litoue is een van 15 lande wat diplomatieke bande het met Taiwan, en die huidige uitbreiding kanselleer Sjina se verbreking met diplomatieke bande met die Oos-Europese land.