Tabakbedryf staar na sy einde

Die impak van Novembermaand se gebeure bied geen goeie vooruitsigte vir die tabak produsente van Suid-Afrika nie.

Die swartmark het die bedryf “oorgeneem” en die verkope van onwettige, en ongelisensieerde sigarette het die vooruitsigte vir die landbouers so benadeel dat dit lyk of die bedryf sy einde nader.

In winkels van die Vrystaat kan ongeregistreerde sigarette gekoop word, en een uit elke vier winkels hou permanent die “goedkoper” sigarette aan, met die gevolg dat geen aksynsbelasting of BTW of Sonde belasting aan die owerheid betaal word nie.

Bewerings is gemaak dat sowat 50% van die winkels wat sigarette verkoop, die swartmark produkte beskikbaar het, wat ook hulle beste verkopers is.

Kenners sê dit is die dood in die pot vir die produsent, en omdat sy tabak oes nie meer in goeie aanvraag is weens die swak verkope van geregistreerde produkte nie, word die kans al kleiner dat die produsent kop bo water kan hou.