Suid Sjinese See oorsaak van konflik

Die optrede van Sjina wat met reuse water kanonne, ander bote wat voedsel voorraad vervoer, “aangeval” het, skep die potensiaal tot gevaarlike konflik, het militêre deskundiges die week gesê.

Minstens twee bote van die Filippyne wat voedsel voorraad vir soldate vervoer wat in die dispute gebied was, is geblokkeer deur die Sjinese kuswag wat na bewering met water kanonne losgetrek het op die bote, en alhoewel niemand beseer is nie, word die optrede as aggressie gesien.

Die Sjinese het met die oprigting van kunsmatige eilande probeer om hulle seegebied te vergroot en ook landingsbane vir vegvliegtuie gebou op die kunsmatige eiland, wat nou ʼn onderwerp van internasionale dispuut status bereik het.

Die lande soos Maleisië, Filippyne, Vietnam en Taiwan het almal klagtes ingehandig oor die eiland wat opgerig is en daarmee probeer om die Sjinese gebiedswaters uit te brei.

Die Filippynse regering beskou die blokkeer van twee van sy bote in ʼn ernstige lig, veral toe die bote ook met water kanonne geskiet is in internasionale gebiedswaters in die Suid Sjinese See.

Tedoro Locsin, die Minister van Buitelandse Sake het die optrede van Sjina ten sterkste veroordeel en gesê die twee bote was in internasionale water tooe hulle deur Sjina “aangeval” is.