Seun van Cadaffi dalk president

Seif al-Islam Gadhafi, die seun van die diktator Moammar Gadhafi, is in die wedloop om president te word van Libië. Hy is die doodvonnis opgelê deur ʼn hof in Tripoli op aanklag van oorlog misdade.

Die Libiese verkiesingskommissie sê Seif al-Islam Gadhafi het ook geregistreer as presidentskandidaat vir die verkiesing wat op 24 Desember  gehou sal word.

Die land is in totale chaos sedert Navo gerugsteunde opkoms uiteindelik gelei het tot die dood van die jarelange regerende diktator van die land.

Na sy vader se dood is die seun wat vir oorlog misdade gevonnis is tot doodstraf, deur militariste weggevoer, maar kon hy terugkeer in 2017 om nou as kandidaat te staan.

Die omstrede figuur is egter een van die meer prominente persone wat as kandidaat in die wedloop is, en gaan hy Generaal Khalifa Haftar, en die parlementere speaker, Aguila Saleh, sowel as Eerste Minister Abdul Hamid Mohammed Dbeibah as opponente kry.