Ses gearresteer oor goud diefstal

Ses verdagtes is gearresteer vir onwettige transaksies in verskillende soorte metale in Gauteng en Oos-Transvaal, en klaarblyklik ook met goud wat gesteel is.

ʼn Woordvoerder van die Valke het gesê die arrestasies hou verband met ʼn rooftog by ʼn goudmyn in Stilfontein waar groot hoeveelhede goud, ter waarde van R1 miljard buit gemaak is.

Die Valke Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad in Wes-Transvaal werk saam met Oos-Transvaal en Gauteng toe hulle daarin kon slaag om die ses verdagtes aan te keer.

Ingeligte waarnemers sê die Valke het onvermoeid gewerk oor etlike maande om die rowers vas te trek, en is steeds op die uitkyk vir nog mense wat betrokke is by die smokkelary.