Sekuriteit beamptes beveilig SA

Besonderhede wat pas vrygestel is deur die Privaat Sekuriteit Industrie Reguleerder (bekend as Psira)  en die SA Polisiediens (SAPS) daarop wys dat Suid-Afrika se privaat sektor meer in getal is en meer beveiliging doen as die polisie.

Die Psira wat optree as reguleerders vir die veiligheid of sekuriteit sektor, se data bewys dat daar 2.4 miljoen geregistreerde sekuriteit beamptes in die land werksaam is en die land beskik oor 11,370 geregistreerde sekuriteit ondernemings of maatskappye.

Om te vergelyk is die jongste beskikbare gegewens dat die SAPD 182,126 werknemers het wat insluit die aktiewe polisie beamptes en die administratiewe personeel.

Die verhouding van polisie tot die burger is uiters swak en staan op 1 polisie beampte vir elke 413 burgerlikes. Hierteenoor is daar 1 sekuriteitsbeampte vir elke 106 burgerlikes.