SA vierde pandemie begin

Sedert Woensdag het die Covid-19 pandemie begin om met erge spronge die nuwe infeksies laat toeneem. Binne enkele dae het die nuwe gevalle van 300 gespring na 1,300 per 24 uur tydperk, waarvan die grootste aantal in Gauteng aangeteken is.

Met Swart Vrydag wat nou die saamgedrom van honderde mense in een gebou tot gevolg het, word die risiko al groter dat die vierde pandemie nie ligtelik benader moet word nie, sê wetenskaplikes.

Die afgelope weke se relatief lae koers van infeksie het duisende mense die indruk gegee dat die virus plaag gestop het, maar dit is allermins die geval, want regoor die wêreld word die een na die ander pandemie opgevolg met nog een en nog een……

Suid-Afrika se gevaar is daarin dat die inenting veldtog teen ʼn slakkepas gevoer word, en die 24 miljoen wat reeds ingeënt is, se agt maande van immuniseer is besig om te verstryk vir miljoene van hulle, wat beteken die gevaar is vir hulle net so groot as vir die36 miljoen wat nog nie ingeënt is nie.

Dokters beveel aan dat mense die vier belangrikste voorsorgmaatreëls moet handhaaf: Vermy samedromming punte soos winkels en vergaderings, was hande gereeld, handhaaf sosiale afstand te alle tye, en dra maar die masker al is dit ongerieflik.