Ramp noodtoestand weer verleng

Die Minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het weer die ramptoestand met ʼn maand verleng.

Die ramptoestand is nou tot 15 Desember van krag, en dit word dan die 21ste maand wat die regering kan besluite neem sonder parlementêre bekragtiging.

Die Ramp toestand is sedert Maart 2020 ingestel vir drie maande, en daarna 18 keer met een maand elke verleng tot die huidige 21 maande.

Die Wet bepaal dat die Minister van Samewerkende Regering die mag het om die ranp noodtoestand aan te kondig en te verleng.

Wye kritiek is uitgespreek oor die regering se uitgerekte ramp noodtoestand wat hom wye magte gee om “letterlik te maak wat hy wil” sonder om verantwoording te doen daarvoor.