President propageer “nuwe stede”

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, propageer die projekte om “nuwe stede” wat glo “smart cities” genoem word, op te rig as deel van werkskepping.

Hy sê die bou van sulke stede kom in Natal en in die Oos-Kaap, en beweer dit sal ook die finale einde van die apartheid era wees.

Ramaphosa het die aankondiging gemaak tydens sy besoek in die Oos-Kaapse dorp Port Shepstone waar die distrik ontwikkelings model glo van die grond af sal kom.

Tot hede is geen aanduiding gegee oor waar die fondse vandaan gehaal gaan word om die “smart cities” mee te bou nie, en wie die beleggers is wat sou belangstel om die stede op te rig nie.

Ramaphosa het die aankondiging beskryf as ʼn stap vorentoe vir ʼn beter ekonomiese ontwikkeling, en die twee stede in die twee provinsies sal ʼn reuse inspuiting wees vir albei die provinsies.