Poolse grens: Duisende immigrante gerepatrieer

Duisende onwettige immigrante wat hoofsaaklik uit Irak en ander Midde-Oosterse gebiede kom, is onderweg terug na hulle lande van oorsprong.

Die immigrante wat vasgevang was tussen die diktator regering van Belarus en die Poolse regering, het die een na die ander nagmerrie ervaring beleef toe Poolse soldate hulle teruggedryf het van die grens met water kanonne.

Met die koue van die Europese winter, was die water kanonne die deurslaggewende element om die immigrante te laat besef dat deurgaan oor die grens na Pole, nie moontlik is nie, en derhalwe maar terug te gaan na die Midde-Ooste.

Die regering van Irak het sy bystand gegee om die terugtog vir die onwettige immigrante makliker te maak, en het die terugkerende gemaan om nie te probeer om per vliegtuig na Europa te gaan nie aangesien die lughawens gesluit is vir vlugte uit Belarus.

Rusland het berig dat verskeie vlugte met onwettige immigrante aan boord deur Irak onderneem is en honderde mense is vanaf die Belarus hoofstad, Minsk teruggeneem na Bagdad.