Pole; Immigrante krisis naby breekpunt

Hernude spanning tussen Pole en Belarus is aan die oplaai nadat die regering van Pole sy buurland beskuldig het dat hy immigrante aanmoedig om deur die grens na Pole te breek om as propaganda te gebruik teen die Europese Unie.

Intussen is verneem dat die Duitse woordvoerder van die regering in gesprek was met die Belarus president, Alexander Lukashenko.

Pole het sy soldate vermeerder aan die grens en verhinder die immigrante om die gebied van die Europese Unie binne te kom terwyl duisende onwettige immigrante by die grens met Pole saamgedrom het.

Die Poolse Minister van Verdediging beskuldig Belarus daarvan dat hy derduisende immigrante oor plaas om naby aan die grens met Pole te kom, waarna die minister ook uitgewei het oor hoe verdagtes probeer om oor die grens te kom.

Die minister sê die hervestig van immigrante is ʼn beplande operasie aangesien die owerheid duisende immigrante vergesel het om by die Poolse grens op te daag.