Planne om ANC te kelder

Die geskorste ANC Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, beweer dat daar ʼn plan is om te verseker die ANC verloor verdere steun en dit deur koalisie regering.

Hy reken die vyand sal nooit ʼn sterk ANC aanval nie, en wil ʼn situasie skep van koalisie, en dit handel oor geld wat nou nodig is om die mense te dien.

Hy het ontken dat hy deel is van die groep wat kiesers ontmoedig het om te gaan stem.

Die vermoede bestaan by politici dat die ANC onrustig is om in koalisie met ander partye te gaan omdat die moontlikheid van ondergrawing wel kan gebeur.

Die ANC president het kort na afloop van die munisipale verkiesing gesê die party is nie entoesiasties om koalisie te vorm nie, en sal in sekere omstandighede verkies om as opposisie op te tree.