Pfizer: Registrasie van pil in oorweging

Die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB), van die farmaseitiese vervaardiger Pfizer, Albert Bourla, het in ʼn verklaring gesê dat die maatskappy se pil wat teen die koronavirus vervaardig is, kan die sterftes dramaties verminder.

Hy sê dit sal ook die hospitalisasie verlig sodat die instellings weer kan terugkeer na die normale besetting van pasiënte.

Die Departement vanb Gesondheid in die Biden administrasie het aangedui dat hulle minstens 10 miljoen kursusse van die Pfizer pille sal aankoop sodra dit goedgekeur is.

 Pfizer, wat saam met die Duitse farmaseutiese reus BioNTech onlangs aangekondig het da thy ook ʼn pil vervaardig het wat mense kan gebruik sodra hulle simptome het van koronavirus infeksie.

 Vroeer vanjaar het die Amerikaanse maatskappy Merck ʼn pil bekendgestel wat goedgekeur is om te gebruik wanneer pasiënte infeksie opgedoen het.

Pfizer het nou aansoek gedoen by die VSA se Voedsel en Mediede Administrasie vir goedkeuring en registrasie van die pil.

Volgens toetse wat gedoen is word hospitalisasie en sterftes met 89% verminder, wat groot veranderings in die wêreld kan beteken.