Petrolprys kan anders bereken word

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana het versoeke gekry dat die berekenings wat gedoen word om brandstof se prys vas te stel, verander moet word.

Die oproep kom van die minister nadat die prys van brandstof in die begin van November met meer as R1 per liter gestyg het tot byna R20 per liter.

Die versoek is dat brandstof se prys gedereguleer word wat die finansiele druk op die verbruiker en sakelui sal verlig.

Stemme gaan ook op dat die heffings op brandstof verminder moet word aangesien die heffings deel uitmaak van die prys waarop die verhogings bereken word, wat inderdaad beteken dat die heffings ook gereeld opwaarts aangepas word.

Die versoeke wat die regering bereik kom as ʼn noodgeroep van motoriste wat nog nie finansieel herstel het van die pandemie se inperkings nie, en wat in vele gevalle tevrede moet wees dat hulle hul werk behou het teen ʼn verminderde vergoeding, terwyl agterstallige paaiemente en huislenings nog aangevul moet word.

Of die regering wat self opgesaal sit met berge skuld, die versoeke en oproepe sal ignoreer, is nie onmoontlik nie, en kan verwag word dat enige aanpassings wat gemaak sal word, nie gou gedoen gaan word nie.