Petrol nog duurder in 2022

Die prys van brandstof in Suid-Afrika het dramaties die hoogte ingeskiet en op 3 November sy grootste styging nog gehad, en die AA van SA het gewaarsku dat R20 per liter teen die einde van die jaar moontlik is.

Met die jongste verhogings in November is petrol al R19.50 wat die inflasie op brandstof tot 34% gedruk het vir vanjaar.

Die groot stygings sal beslis sy negatiewe uitwerking toon op alle ander kommoditeite soos voedsel, klere, en ander lewensmiddele.

Projeksies wat deur bankiers gedoen is, kleur ʼn somber prentjie vir 2022, en word beraam dat brandstof die stygende tendens van die afgelope maande gaan volhou.

Die olieprys word tans hoër gedruk weens die vergrote aanvraag, en die tydelike ondervoorsiening van natuurlike gas aan Europese lande.

Daarbenewens is die Rand wisselvallig, en veroorsaak onsekerheid, wat bydrae tot die prysstygings.