Permanent Fase 1 beurtkrag?

Die Nasionale Kragvoorsiener  is besig om uit moontlike oplossings te beweeg wat veroorsaak word deur verskeie redes waarvan min uit die weg geruim kan word binne weke.

Deskundiges reken dit sal vir die land en die ekonomie beter wees as Eskom die land permanent op Fase 1 beurtkrag plaas om sy onderhoud en herstelwerk gedoen te kry.

ʼn Permanente beurtkrag kan so toegepas word dat dit vir elke streek of gebied ʼn vaste tyd van 2 uur per 24 uur sonder krag is. Dit kan byvoorbeeld vir gebied “A” elke dag van 6h00 tot 8h00 wees, en kan almal wat in die tydgleuf beurtkrag het, vooruit beplan hoe om die werksdag in te klee.

Wanneer Eskom uiteindelik van al sy angels ontslae geraak het, en die regering die groen energie projekte opgerig het, kan daar teruggekeer word na die normale gang van geen beurtkrag.

Die deskundiges sê dit is in alle gevalle sleg om met beurtkrag te beplan, maar dit is beter om elke dag op dieselfde tyd daarmee te sit as om vir ses uur per dag met Fase 4 opgeskeep te wees, word gesê.