Ohio Bankroof van 1969 opgelos

ʼn Seun en sy vader het dekades lank navorsing en soektogte gehad om met hulle beskikbare leidrade ʼn reuse bankroof in die deelstaat Ohio se skuldiges op te spoor.

Die rooftog wat in 1969 het die soektog na die persoon wat die roof uitgevoer het, vir jare geduur, maar pa en seun het nie opgehou soek nie.

Thomas Conrad het uit sy bank in Cleveland, Ohio, gestap met n groot sak vol geld, voordat hy soos mis voor die son verdwyn het.

Theodore Conrad, wat ook bekend staan as Thomas Conrad, het onder sy naam as Thomas te sterwe gekom in Massachusetts vroeer vanjaar, sonder dat hy ooit in hegtenis geneem is, of enigsins verdink was nie, behalwe vir die twee ywerige soekers wat hom uiteindelik geïdentifiseer het.

Die VSA polisie het aangekondig dat hulle na dekades van soek en navorsing, uiteindelik die rower geïdentifiseer het en dat Thomas John Conrad wat 20 jaar oud was, en by die bank as kassier werksaam was, die rooftog uitgevoer het sonder om ooit opgespoor te word.

Die polisiebeamptes onthou nog die voorval van 11 Juliie 1969 toe die bankamptenaar met $215,000 kontant uit die bank gestap het en spoorloos verdwyn het.

Peter Elliott, die hoof van polisie in Noord Ohio, sê sy vader, John Elliot, was in beheer van die ondersoek wat dekades onopgelos gebly het.