Oekraine: Russe tart Westerse Navo

Die Navo leiers het Rusland versoek om sy magsopbou naby die grens met die Oekraine te stop en selfs meer deursigtig te wees met sy militêre vermoëns op die grens.

Russiese troepe het die afgelope week op grootskaal met militêre oefeninge naby die grens begin en Navo se Sekretaris-Generaal Jens Stoltenberg het ernstige kommer oor die situasie wat nie veel verskil van sy vorige militêre opbou wat gelei het tot hewige konflik in die oostelike deel van die Oekraine.

 Stoltenberg het gesê Navo sal die Oekraine ondersteun indien daar weer konflik sou ontstaan tussen die Oekraine en Rusland, en bygevoeg dat die optrede van Rusland gemonitor word.

 Hy sê Rusland se provokasie en aggressie word baie ernstig beskou en daarom word ʼn beroep gedoen op Rusland om deursigtig op te tree.

Militêre ontleders sê dit is duidelik dat Navo nie weer gaan toelaat dat Rusland dele van die oostelike gebied van die Oekraine “annekseer” nie.