Nord Stream 2 pyplyn geblokkeer

Die veelbesproke Nord Stream 2 gas pyplyn vanaf Rusland tot by Duitsland is wel kompleet en in werking gestel, maar Duitse owerhede het nou die stelsel geblokkeer in die sertifiserings proses.

Dit het tot gevolg dat die stelsel steeds nie in werking is nie, tot die frustrasie van Rusland den ander entiteite in Duitsland.

Die Duitse netwerk reguleerder get die proses gestop asook die sertifisering nadat die reël van operateurs in Duitsland nie voldoen aan die voorwaardes wat deur die Duitse wetgewing vereis word nie.

Die wetgewing se streng vereistes bring mee dat die kontroversiële pyplyn tot soveel as een jaar lank vertraag kan word om in werking gestel te word.

Die Duitse Federale Netwerk Agentskap sê die operasionele maatskappy het nie die voorwaardes en vereistes om “onafhanklik te funksioneer” nagekom nie en sal sllegs met ʼn sertifikaat toestemming gegee kan word “as dit binne die raamwerk van die wet funksioneer”.