Kuberkrakers slaan toe op FBI

Kuberkrakers het daarin geslaag om die Federale Buro van Ondersoeke (FBI) in Amerika se e-pos stelsel binne te dring, en het derduisende valse boodskappe uitgestuur asof die FBI dit gedoen het.

Die boodskappe aan Amerikaanse veiligheidsmagte en agentskappe het totale chaos en verwarring in die VSA veroorsaak.

Die kuberkrakers se aanslag is so hewig gewees dat die FBI noodgedwonge die stelsel moes sluit aangesien die valse boodskappe ook waarskuwings was dat potensiele kuber aanvalle op ontvangers van die e-posse uitgevoer gaan word.

Wat die valse boodskappe van die e-posse meer geloofwaardig gemaak het, is die feit dat dit onderteken is deur die Departement van Justisie.

Die Buro het op media programme soos die radio en TV, asook nasionale koerante, die versoek gerig dat mense nie die e-posse as geloofwaardig moet beskou wat deur die “Departement van Justisie” onderteken is nie.