Kuber aanval: FBI beskuldig Iran

Kuberkrakers het die inligting van meer as ʼn 100,000 kiesers se besonderhede bekom met ʼn aanval wat op die Amerikaanse FBI rekenaars uitgevoer is.

Die kuberkrakers kon met die kiesers se besonderhede, op verskillende maniere ingemeng het met die Amerikaanse verkiesings, en kon ook spioenasie op hoë tegnologie maatskappye se vertroulike inligting uitgevoer het.

Alhoewel die FBI daarin geslaag het om ʼn aantal inligting stukke te herwin, is bevestig dat die kuberkrakers kon inmeng in verskillende verkiesings in Amerikaanse deelstate.

Die FBI beweer dat die kuberkrakers ook daarmee die media en die sosiale media kon beïnvloed, en daardeur sekere misleidende inligting kon plaas wat alles verband hou met verkiesings.

 Met Iran wat die VSA nie goedgesind is nie, beweer die FBI dat die kuberkrakers uit Iran die aanvalle op sy stelsel uitgevoer het, alhoewel meningsvormers reken dit kon ook uit Rusland of Sjina gedoen gewees het.

 Later is berig dat die FBI twee Iraniese   kuberkrakers gearresteer vir hulle bydrae in die fop nuus veldtog gedurende die 2020 presidentsverkiesing.