Kubane in opstand teen regering

Optog deelnemers teen die regering van Kuba het gelei tot talle arrestasies van onskuldige mense, en die Kubaanse regering beskuldig die VSA daarvan dat hy die aanhitser is tot die optogte op die eiland.

Die kommunistiese regering beskuldig die VSA dat hy verantwoordelik is vir die onrus in die land en poog om die land te destabiliseer.

 Die owerheid het die beplande optog se leiers gearresteer en onder huisarres geplaas in die hoop dat dit ʼn demper sal plaas wat betogings in die strate sou beëindig.

 Sedert Julie vanjaar is optogte redelik algemeen nadat die leiers ʼn beroep gedoen het op inwoners om te “stap vir verandering” weg van die kommunistiese bestel.

Die polisie het seker gemaak dat hulle ondermeer die leier van die “Dames in Wit” ook arresteer en onder huisarres plaas.

Die optog is georganiseer met behulp van die Facebook sosiale netwerk, wat duisende inwoners laat stroom het na die strate om deel te vorm van die verset optog.

Na raming was daar tussen 35 en 40 duisende mense in die hoofstad, wat met groot baniere en plakkate hulle ontevredenheid getoon het, en hulle eis vir verandering aangetoon het.