Kimberley het eie dwelm fabriek

Benewens die dwelmmiddels wat in ʼn gebou in die Noord-Kaapse stad Kimnerley gevind is, kon die polisie ook beslaglê op die toerusting wat gebruik word om die dwelmmiddels te vervaardig en selfs te verpak.

Sowat R1 miljoen se dwelms is gekonfiskeer saam met die aparaat waarmee die dwelms gemaak word, en ʼn man is op die perseel gearresteer.

Die gebou word beskou as die dwelmmiddel laboratorium van Kimberley, en die toerusting, bestaande uit potte, skale, lepels en chemisie stowwe, is gevind.

 Plastieksakke met kokaïne en ander dwelms soos Tik is ook op die perseel gevind en die Distrik Kommissaris het gesê dit is ʼn belangrike deurbraak wat gemaak is om dwelm smokkelaars aan bande te lê in die streek.

Vroeer in November het die polisie beslag gelê op 541 kg kokaine met ʼn straat waarde van R200 miljoen wat gesteel was uit die Valke se geboue in Port Shepstone.