Jy verstik in New Delhi

Die lugbesoedeling in die hoofstad van Indië het so toegeneem dat skole en duisende sakeondernemings hulle deure moes sluit en mense is huis toe gestuur.

Die brande in landbou gebiede en die sogenaamde feestelike vuurwerke het die toestand van lugbesoedeling drasties vererger, en is bydraend tot die baie sterftes wat jaarliks in die land is weens besoedelde lug.

Die besoedeling wat jaarliks meer as een miljoen mense se dood veroorsaak in Indië, kan volgens deskundiges nog vererger en baie meer lewens eis as die owerheid nie drastiese stappe gaan neem nie.

Die sluiting van skole in New Delhi was nodig en is deur die regter van die Hooggeregshof bevel nadat talle kinders van ernstige longkwale afwesig moes bly.

Die owerheid het versoek dat veral die skoolgaande kinders, nie uit hulle huise moet gaan nie, en ook probeer om nie oefeninge te doen wat die asemhaling versnel nie.