Iran nooi VN kernwapen hoof

Die Verenigde Nasies (VN) se afdeling wat handel met Kernkrag sake, het tevore aangekondig dat hulle op geen wyse kontak gemaak kry met Iran se kernkrag afdeling nie.

Die hoof van die VN Kernkrag agentskap, Direktor Rafael Grossi, het nou bekendgemaak dat ʼn amptelike uitnodiging gerig is om Iran se gesaghebbendes te ontmoet en te vergader oor die lang uitstaande saak van kernnavorsing en produksie.

Die uitnodiging is gerig tot die Internasionale Atoom Energie Agentskap om Teheran te besoek voordat die gesprek in die Oostenrykse hoofstad, Wene, hervat word.

Die woordvoerder van Iran se Minister van Buitelandse Sake sê ʼn datum is gekoppel aan die uitnodiging en hulle wag nou op die reaksie van die Atoom Energie Agentskap.

Intussen duur die spanning tussen Iran en die Amerikaanse regering voort, en bestaan daar nog nie duidelikheid of die VSA se gesprek in Oostenryk sal bywoon en meedoen nie.