Indië: Boere wen stryd teen regering

Landbouers in Indië het maande lank optogte van verset gehou teen die nuwe konsep wetgewing wat die regering beoog het, maar het uiteindelik oorwin.

Die regering van Eerste Minister Narendra Modi het aangekondig dat die beoogde wetgewing teruggetrek is ten einde te verseker dat die landbouers hulle verset optogte sal stop.

Die premier het tydens ʼn rTV onderhou bevestig dat sy regering besluit het om drie kontroversiële wette terug te trek wat op die landbou van toepassing sou wees.

Landbouers in die noordelike deel van Indië het aanhoudend geprotesteer teen die drie wette, en het vir net meer as ʼn jaar hulle verset getoon met trekkers, implemente, vragmotors, stropers en ander landbou toerusting waarmee hulle gereeld padverkeer tot stilstand gebring het.

Waarnemers wys daarop dat Modi die wette gekanselleer het weens die komende verkiesing wat vroeg in 2022 gehou word, en met die drie wette op die wetboek sou hy geen stem van die duisende landbouers gekry het nie.