Grens: Pole gebruik waterkanonne

Die immigrante krisis op die grens tussen Pole en Belarus word beskou as die mees plofbare situasie om ʼn volskaalse oorlog te begin, nadat immigrante begin het om met klippe te gooi na die soldate van Pole wat die grens bewaak.

Die Weermag in Pole het egter begin om met reuse water kanonne die owettige immigrante te verdryf van die grens. In sommige gevalle waar immigrante wel slaag om deur te breek word traangas gebruik .

Duitsland en kanselier Angela Merkel het pas die aangeleentheid bespreek met leiersfigure van Belarus, maar of die kommunisties gesinde leiers die krisis wil beëindig, word betwyfel.

Die Poolse Grenswag sê immigrante het begin om die soldate met klippe en ander harde voorwerpe te gooi wat die veiligheidsmagte gedwing het om met water kanonne die onwettige immigrante wat aggressie toon, te verdryf.

Enkele lede van die veiligheidsmagte het ernstige beserings opgedoen toe hulle met klippe raakgegooi is, en het die Poolse magte uiters beproef om nie harder terug te slaan nie.

Intussen het Rusland beswaar gemaak teen Pole se gebruik om water kanonne in te span en mense nat te spuit terwyl die bitter koue weer steeds voortduur.