Georgië leier kritiek weens staking

Die opposisieparty se leier in die Oos-Europese land Georgië, is gevange geneem en dien tronkstraf uit. Die voormalige president van die land, Mikheil Saakashvili, het op ʼn eetstaking gegaan en verkeer tans in ʼn kritieke toestand.

Die oud president is al vir etlike weke op die eet staking en dokters het gesê sy toestand is kritiek.

Mikheil Saakashvili was president in die tydperk tussen 2004 en 2013, en het na sy arrestasie geweier om voedsel in te neem uit protes teen sy tronkstraf kort  nadat hy vanuit die Oekraine teruggekeer het na Georgië.

Die regering van Georgië het geweier om hom te verskuif van ʼn tronk hospitaal na ʼn burgerlike kliniek, wat in stryd is met die advies van geneeshere wat gewaarsku het dat sy lewe nou op die spel is.

Die Ombuts persoon het ʼn span geneeshere aangewys om as Raadgewers te dien, en nadat hulle vergader het en Mikheil Saakashvili ondersoek het, is verklaar dat hy “tans in ʼn kritieke toestand verkeer”.

Die Menseregte groep in Georgië het die situasie op die sosiale netwerk beskryf as “politieke wraak” wat deur die regering toegepas word.