Eskom se sukkel bestaan

Suid-Afrikaners het in woede uitgebars toe Eskom verlede week fase 4 beurtkrag ingestel het en sakelui, nyweraars en mynhuise verbysterd gelaat is.

Die massiewe ontploffing, die vinnig verspreiding van vlamme, stoompype wat bars weens ouderdom, en boonop swak gehalte steenkool wat per kontrak gelewer word, is van die hoofredes waarom die beurtkrag Suid-Afrika geruk het.

Om alles te kroon word ʼn lekkasie van krag ontdek, en word bewerings gemaak van onhandige en onopgeleide werkers wat te doen het met korrupte kollegas, vererger alles tot een enorme chaos.

Diegene wat met oorgawe poog om die stelsel in werking te hou, misluk omdat daar saboteurs is wat sorg dat alles verkeerd gaan, en beurtkrag tot fase 4 ingestel moes word.

Ingeligte bronne reken die chaotiese toestand kan verband hou met die onrus van drie maande gelede toe Suid-Afrika geplunder is met ʼn skade wat soveel as R50 miljard beloop het.

Sowat 35,000 MW het as tekort die land in een van sy grootste krissise vir 2021 gelaat, en die miljarde skade wat veroorsaak is, word nog bereken, maar sal nie veel minder wees as die R50 miljard skade van die plunderaars en diewe nie.