Eskom beskuldiging verkeerdes

Die bankrot nasionale kragvoorsiener, Eskom, het beskuldigings gemaak dat twee van die land se grootste Metro munisipaliteite nie die beurtkrag skedules nagekom het nie.

Beide die munisipaliteite van Johannesburg en Kaapstad het in reaksie gesê hulle het presies dit gedoen wat van hulle verwag word om beurtkrag toe te pas, en beskou die Eskom beskuldiging as onnodig en moedswillig.

Die munisipaliteite sê Eskom moes eers behoorlike ondersoeke gedoen het alvorens hy sulke valse beskuldigings maak.

Eskom het in reaksie gesê hy was gedwing om Fase 4 in te stel omdat sekere munisipaliteite nie voldoen het aan die beurtkrag vereistes nie, maar het nie weer die name van munisipaliteite genoem wat moontlik die skuldiges is nie.

Johannesburg munisipaliteit het gesê dit is nodig dat Nersa die saak ondersoek om sekerheid te kry van wie die skuldiges is waarna Eskom verwys.