Duitsland strenger teen nie ingeëntes

Duitse leiers het die afgelope naweek ooreenkoms bereik om strenger maatreëls in te stel teen diegene wat nie ingeënt is nie, met bykomende planne om hulle te verbied in restourante, sportbyeenkomste en kulturele vertonings.

Die optrede volg nadat besonderhede vrygestel is wat toon dat die land nou sy vyfde pandemie tegemoetgaan en alhoewel meer as 70% van die bevolking geïmmuniseer is, die owerheid nie slaag in pogings om die pandemie te stuit nie.

Die toename van tot meer as 65,000 nuwe gevalle per 24 uur hget die owerheid en politieke leiers in al 16 die deelstate laat besef dat radikale maatreëls nodig is, en sal slegs ingeënte persone van openbare vervoer op treine en busse kan gebruikmaak.

Die inenting van gesondheidswerkers sal deurlopend gedoen word, asook die pensionarisse in aftree oorde en tehuise.

Die uittredende Bondskanselier, Angela Merkel, het gesê daar moet vinnig en doeltreffend opgetree word sodat die uitbreek van nog ʼn pandemie gestop kan word.