Drie leiers byeen na 5 jaar

President Joe Biden het die politieke leiers van Kanada en Meksiko byeengebring na vyf jaar van afwesigheid as buurlande van Amerika.

Alhoewel die drie leiers byeen was in die Wit Huis om groter samewerking te probeer vestig, is daar ʼn groeiende spanning oor die motorvoertuig vervaardiging met die VSA se slagspreuk, “Koop Amerikaans”.

Premier Justin Trudeau van Kanada en Meksiko se President Andres Manuel Lopez Obrador het saam met President Joe Biden besin oor hoe die drie moondhede kan saamwerk om vir die hele streek se voordeel te werk.

Na afloop van die vergadering het Biden erken dat daar spanning bestaan tussen die VSA en Meksiko oor die belasting koers wat gehef gaan word op voertuie wat uit die elektriese voertuig fabrieke kom.

Alhoewel niks bekendgemaak is nie, was daar ook lang bespreking oor die instel van ʼn vrye handel ooreenkoms tussen die drie lande, maar waarnemers reken dit is nie haalbaar solank daar spanning is nie.