Departement wil internet bevorder

Die Suid-Afrikaanse Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie is glo besig om na metodes te kyk om ʼn “massa internet” uit te rol sodat almal toegang daartoe sal kry.

Die aankondiging kom van die Departement se Minister, Khumbudzo Ntshavheni wat beweer die land beweeg na ʼn digitale ekonomie.

Sy sê “hulle” oorweeg ʼn program om vinnige beweging te kry om te verseker dat inwoners toegang sal kry tot internet skakeling binne die volgende 24 maande.

Die minister glo dit sal deel vorm van ʼn oorbrugging van die digitale verdeling, maar het nie daarop uitgewei nie, wat volgend kenners reken die minister weet self nie wat dit behels nie.

Suid-Afrika se Onafhanklike Kommunikasie Owerheid (OKOSA) moes reeds drie tot vier jaar gelede oorgeskakel het na ʼn volledige digitale stelsel, maar kon nie daarin slaag nie, wat deur kenners beskryf is as die getuigskrif van onbekwaamheid op die tegnologiese gebied.