Botsing in VN oor Belarus krisis

Belarus se krisis word beskou as die wêreld se mees plofbare situasie wat kan lei tot ʼn grootskaalse oorlog, en Westerse lande het letterlik swaarde gekruis met Rusland tydens die debatte in die Verenigde Nasies.

Die krisis oor die grens tussen Pole en Belarus het nou ʼn internasionale aangeleentheid geword weens die ernstige situasie wat nie deur die VN ontlont word nie, en nie deur Rusland beredder word nie.

Estland, Frankryk, Ierland, Noorweë, Amerika en Brittanje het almal gewaarsku dat die immigrante krisis by die grens met Pole, ʼn gevaarlike klimaat skep en het later agter geslote deure van die Veiligheidsraad vergader.

In ʼn gesamentlike verklaring sê die lande dat die welstand van Europese lande bedreig word deur Belarus se optrede, en dit is gevaarlik, terwyl dit alles gedoen word vir politieke doeleindes.

Die Europese Unie het gesê Belarus is besig om met sy optrede ook ander immigrante aan te spoor om onrus te veroorsaak met die doel om Europa te destabiliseer.