Boelgarye lewer verrassende verkiesing

Die nuwe politieke party wat kwalik twee weke oud is, en die vreemde naam “Aanhoudende Verandering” dra, het bo alle verwagtinge die Boelgarye algemene verkiesing gewen.

Twee mans wat gegradueer het aan die universiteit van Harvard, het die party gestig en deelgeneem het aan die verkiesing, wat die derde is wat vanjaar gehou moes word, gemaklik gewen.

Die party het hom ten doel gestel om as bestryders teen korrupsie, en het

nou die taak om ʼn nuwe regering saam te stel wat eerstens ingestel sal wees om die korrupsie te stop.

Met sowat 80% van die stemme reeds getel, het die nuwe party, wat beskou word as ʼn gematigde regse party, 26% van die stemme het wat die ander gematigde regse party van die Eerste Minister Bovko Borissov met 3% oortref.

Indien die finale telling die leier, Kiril Petkov, se nuwe party beginstig met dieselfde resultate , sal hy versoek word om ʼn nuwe regering saam te stel.

Nadat die finale uitslag bekendgemaak is, sal die land se president, Rumen Radev, die wenner gelukwens en vra om ʼn regering saam te stel.

Die president het die hoop uitgespreek dat daar ʼn einde is aan die groot verskille tussen die partye wat uiteindelik ʼn koalisie regering moet vorm.